Padtoets: ʼn Basiese luukse voertuig?

Die Mercedes-Benz C200. Foto: Verskaf

Motorjoernaliste is regtig bederf. Ons ry gereeld met splinternuwe voertuie met min kilometers op. Dit is sleg vir my indruk van my eie voertuig, maar goed in dié sin dat as ʼn kar nie 100% reg voel nie, kom ons dit dadelik agter.

ʼn Ander probleempie is dat ons gereeld voertuie kry met al die opsionele ekstras op die kar – en dít skep ʼn wanindruk van wat moontlik op die vloer by die handelaar kan wees. Ek is onlangs terug geruk realiteit toe deur ʼn Mercedes-Benz C180. Dit is Mercedes-Benz se intree C-klas.

Aan die buitekant lyk dit soos enige ander C-klas sonder die groot wiele en AMG‑drukvinne. Aan die binneruim lyk die C180 sommer spartaans in vergelyking met meeste Mercedes-Benze waarmee ons al te doen gehad het.

Die binneruim van die Mercedes-Benz C200. Foto: Verskaf

Al die gewone funksies is daar – elektriese vensters, klimaatbeheer, ʼn goeie klankstelsel, spoedbeheer, ABS‑remme en ʼn magdom lugsakke. Wat nie daar is nie, is al die nuwe truuks en speelgoed wat mens gewoond is, soos panoramiese sondakke. So, duidelik is my persepsie van wat altyd standaardtoerusting op ʼn Mercedes-Benz is, effe verkeerd.

Dié C180 is toegerus met Mercedes-Benz se 1.6 viersilinderturbopetrolenjin. Dié enjin bied 115 kW en 250 Nm. Nie sleg nie. 0 – 100km/h duik op in 8.3 sekondes en hy sal aanhou draf tot ʼn indrukwekkende 225km/h.

Dan kom ons by die vlieg in dié C-klas se salf. Die 9-spoed outomatiese ratkas. Ek’t nou gaan kyk … dit is Mercedes-Benz se eie wringkragomsitter-ratkas wat diens doen in klomp verskillend Mercs.

Die Mercedes-Benz C200. Foto: Verskaf

Die probleem kom in by die kalibrasie tussen die ratkas en die enjin. Die ratkas voel soos ʼn dubbelkoppelaar-tipe, maar het ʼn wringkragomsitter. Ek kan nie verstaan hoekom nege ratte nodig is nie. Die laaste drie is oortollig. As mens eers aan die gang is, is die ratkas heel goed, maar sodra mens wil versnel dan moet hy begin ratte terugskop. Ek het nou vir Mercedes-Benz gevra vir ʼn C200 wat hul nuwe 1.5 viersilinderenjin in het om te sien of daardie enjin beter pas met die ratkas.

Die ritgehalte in die C-klas is heel goed. Mens vergeet hoe lekker ʼn doodgewone sedanmotor kan ry. Op die klein wiele met groot bandprofiele gaan die padhouvermoë nooit klasleidend wees nie, maar heel in die kol vir die intreemodel.

In die meeste aspekte is die Mercedes-Benz C180 ʼn lekker voertuig. Die ratkas kort werk in my opinie – en die spartaanse spesifikasievlak voel vir my uit verhouding met die R600 000 prys.

Die reeks lyk só:

C180115kW/ 250Nm6.5ℓ/100km8.3 sek225km/hR590 169
C200135kW/ 280Nm6.3ℓ/100km7.7 sek239km/hR616 536
C220d143kW/ 400Nm4.8ℓ/100km6.9 sek240km/hR651 759
C300 Avantgarde190kW/ 370Nm6.9ℓ/100km5.9 sek250km/hR720 807

Dit is slegs die sedanmodelle. Almal is met outomatiese ratkaste toegerus.

Volvo S60 T4 Momentum140kW/ 300Nm5.8ℓ /100km7.2 sek230 km/h5 jaar/ 100 000 km waarborg

5 jaar/ 100 000 km omvattende instandhoudingsplan

R516 471
Audi A4 1.4TFSI110kW/ 250Nm4.9ℓ /100km8.5 sek210 km/h1 jaar/ onbeperkte km waarborg

5 jaar/ 100 000 km omvattende instandhoudingsplan

R531 000
BMW 318i outo100kW/ 220Nm5ℓ /100km9.1 sek210 km/h5 jaar/ 100 000 km waarborg

5 jaar/ 100 000 km omvattende instandhoudingsplan

R538 100

Die mededingers is almal ewe sterk. Mens sal self almal moet gaan ry en voel watter een pas die lekkerste. Teen die prys is die Volvo ʼn ware winskoop.

  • Let wel die foto’s in dié berig is van ʼn hoër spesifikasie C200‑model.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vraagteken ·

Hoekom kyk niemand na die Lexus IS 300 E nie? Hy kos R614000 (dieselfde as die C200), ontwikkel 180 kW, 350 Nm se wringkrag, 0-100 in 7.0 s, al die mooi goed is standaard, en beste van alles – hy gaan langer hou!

Vraagteken ·

@sommer nie, Waar begin ‘n mens? 1) Lexus word direk geassosieer met Toyota (need I say more?); 2) Duitse voertuie het geen tweedehandswaarde (I wonder why?) 3)Hoeveel C-klas voertuie sien jy wat 250000+km op die klok het sonder dat daar iets groot fout gegaan het (hoe lank dink jy gaan dit wees voordat die sagteware op die ratkas hernu moet word – to name a few?)?

Sommer nie ·

Vraagteken. Jy is deurmekaar met bloubul rugby en voertuie. Wie ry nog n voertuig tot op 250 000km? Dit bewys absoluut niks oor betroubaarheid nie. Enige motor kan jy spoeg en plak tot 1000 000 km en hy sal nog steeds hou. Toyota is beslis nie die keuse vir baie eienaars nie omrede goed soos veiligheid, betroubaarheid, weelde, rygenot en so kan ek aangaan nie in n toyota bestaan nie. Elke ou het maar sy eie keuse. Goeie Inruilwaarde bestaan olk nie meer by toyota nie.

MTSteyn ·

Vraag: “Wie ry nog ‘n voertuig tot op 250,000 km? Antwoord: “Meestal diegene wat beskik oor bates (soos beleggings, sommige eiendom) wat met tyd in waarde toeneem”.

Stelling: “Toyota is beslis nie die keuse vir baie eienaars nie…” Weerlegging: “Maandelikse (nuwe) motorverkoopsyfers in SA toon dat Toyota loshande die handelsmerk is met die hoogste verkoopsyfer. Maand na maand.”

Sommer Nie ·

MTSteyn —Miskien moet jy en Vraagteken net ‘n bietjie harder werk dan kan julle ook ‘n nuwe Merc ry en nog steeds beleggings en eiendom hê. ‘n Voertuig met 250 000km op die klok behoort al lankal gescrap te wees soos in eerstewereld lande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.