Perfekte balans tussen afslaandak en koepee

Die nuwe Porsche 911 Targa. Foto: Verskaf

Porsche se 911 het ʼn baie ryk geskiedenis wat oor die afgelope 56 jaar strek. Oor die amper ses dekades was die 911 in drie bakstyle beskikbaar: ʼn koepee, ʼn afslaandak en dan die Targa.

Die Targa is in September 1965 die eerste keer by die Frankfurt Internasionale Motorskou ten toon gestel. Die Targa gee ʼn klein oop stukkie waar die dak sou wees, maar die agterruit is vas – nie soos op ʼn afslaandak waar alles lap is nie. Dit was die eerste tree in die rigting van ʼn “veilige” afslaandak.

Die nuwe Porsche 911 Targa. Foto: Verskaf

Ek moet bieg dat ek nog nooit met ʼn Targa gery het nie, maar wat ek wel van ʼn afslaandak weet, is dat dinge effe raserig kan raak, al is die dak toe. Aan die ander kant, as die hele dak oop is, kan dit verskriklik winderig raak. Die Targa gee jou die opsie om die sensoriese voordele van ʼn oop dak te geniet, die wind in jou hare en die son op jou vel, sonder die nadele.

Dit doen ook geen skade dat die 911 Targa só mooi is nie. Kyk dié video. Vir ʼn tydjie was die Targa eerder ʼn groot sondak as ʼn ware Targa. Gelukkig het Porsche met die 911-reeks besluit om terug te keer na die oorspronklike ontwerp. Die nuwe 911 Targa is bitter mooi en maak gebruik van al die nuutste tegnologie tot sy beskikking soos die turbo-enjins wat in die res van die 992-reeks beskikbaar is.

Daar is drie modelle beskikbaar. Hulle lyk só:

 911 Targa 4 PDK911 Targa 4S handrat911 Targa 4S PDK
Enjin3.0 Bokser-turbo-sessilinderenjin3.0 Bokser-turbo-sessilinderenjin3.0 Bokser-turbo-sessilinderenjin
Krag283 kW/450 Nm331 kW/530 Nm331 kW/530 Nm
0 – 100 km/h4.4 sek4.4 sek3.8 sek
Topspoed289 km/h304 km/h304 km/h
Brandstofverbruik9,8 ℓ/100 km10,3 ℓ/100 km9,9 ℓ/100 km

Pryse is nog nie vir Suid-Afrika bekend nie, maar Porsche Suid-Afrika se woordvoerder Christo Kruger verwag die eerste aflewerings in Suid-Afrika is in die vierde kwartaal van 2020.

Gaan loer gerus hier vir meer.

Vorige Targa-modelle:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.