Petrolparadys dié naweek by Kyalami

Motorliefhebbers gaan dié naweek tot in die afgrond bederf word by die Kyalami-renbaan van wêreldgehalte tydens die immergewilde Festival of Motoring.

Die meeste motorfabrikate in Suid-Afrika sal verteenwoordig wees. Daar is afdelings vir elke smaak waarvan mense kan kies en keur.

By die 4×4-baan sal die grootste rolspelers in dié arena hul staal wys met statiese en interaktiewe vertonings van hul produkte. Daar is ʼn kos-, drank- en piekniekterrein om te verseker dat besoekers ook hul brandstof kan aanvul.

Die kuipe sal verskeie handelsmerke huisves waar mens weereens hul vertonings kan sien, of jou naam neersit vir rondes om die baan. Die glyvlak bied altyd ʼn insiggewende interaktiewe oefening wat vernuf en beheer puik uitbeeld. Die kleiner dinamiese padhouvermoëbaan bied nog plek waar besoekers toetsritte in verskeie voertuie kan onderneem.

Die Festival of Motoring is ʼn wêreldgehaltefees hier in sonnige Suid-Afrika, en die fees is slegs moontlik indien motorentoesiaste dit bywoon.

Vir meer inligting en om kaartjies te koop, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

B ·

2016 was regtig baie goed,
2017 baie afgewater met amper geen vervaardiger teenwoordigheid – baie teleurstellend teen ‘n hoe prys (vir gesin).
2018 sien my dus nie weer ter plaatse, het geleer uit 2017 se ongerealiseerde verwagtinge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.