Plaaslike bekendstelling: Opgeknapte Toyota Hilux SRX en Fortuner

Die Toyota Hilux SRX en Fortuner (Foto: Toyota)

Die Toyota Hilux SRX en Fortuner (Foto: Toyota)

Toyota het onlangs sy opgeknapte Hilux SRX en Fortuner aan die media bekendgestel.

Maroela Media het onlangs die Toyota Hilux 2.8 GD-6 4×4 Raider-handrat getoets.

Die nuwe SRX is tipies Toyota: Goeie waarde en klasleidende werkverrigting, net in ʼn mooier pakkie as die vorige SRX. Die SRX kry nou breëbakwerk soos die duurder Raider-modelle.

Toyota wil meer leefstyl-kliënte lok met die opgeknapte SRX. Ek dink dit is ʼn puik idee en ʼn strategiese besluit om meer verkope weg te keer van Ford se Ranger af. Die vorige SRX was altyd ʼn baie leliker eendjie as die Raider modelle en dit is nou nie meer van toepassing nie. Toyota Hilux is Suid-Afrika se topverkoper. 30 000 eenhede wat sedert sy bekendstelling in Februarie 2016 verkoop is, is syfers wat baie vervaardigers in hul wildste drome nie kan bereik nie.

Die nuwe SRX-dubbelkajuit is 55mm breër as sy voorloper. Sy wielspoor voor en agter is ook 40mm breër. Staalwiele is ook vervang met 17” sierwiele. Alle SRX modelle, enkel of dubbelkajuit, 2.4 GD-6 of 2.7 VVTi is nou beskikbaar met die breëbakwerk en sierwiele. Die flikkerlig skuif ook van die bakwerk na die spieëltjie op alle modelle.

Die Toyota Hilux SRX (Foto: Toyota)

Die Toyota Hilux SRX (Foto: Toyota)

18”-sierwiele is bygevoeg op die 2.8 GD-6 en 4.0 V6 Fortuner-modelle. Die 18” wiele is oorgetrek met 265/ 60/18 bande. Die 2.7 VVTi en 2.4 GD-6-modelle behou die 17” wiele. Hoewel die 2.7 VVTi en 2.4 GD-6 nie 18”-bande kry nie, word leerbekleedsel wel bygevoeg teen geen ekstra koste nie.

Dit was my eerste ervaring met die 2.4 GD-6 enjin in die Hilux. Ek dink die 2.4 GD-6 is in die kol. Heeltemal sterk genoeg vir enige situasie en dan bied hy brandstofverbruik wat geen van die ander enjins kan bybring nie. Die 2.4 GD-6 dubbelkajuit SRX 4×4-handrat is ook perfek toegerus. Duursame bekleedsel, Bluetooth op die klankstelsel, lugversorging en elektriese vensters. Meer het mens eintlik nie nodig nie. Al die veiligheidsstelsels is reeds daar in die vorm van ABS en lugsakke.

Die was ook my eerste ervaring met die Fortuner 2.8 GD-6 4×4-outo. ʼn Weeldewa wat my laat smag na lang toere deur die Suid-Kaap, op met die weskus tot in Namibië. Ritgehalte en rygemak soos hierdie is moeilik bekombaar, selfs teen die prys.

Die reekse lyk so:

Hilux

Hilux 2.7 VVTi RB SRXR385 800
Hilux 2.4 GD-6 RB SRXR442 700
Hilux 2.4 GD-6 4×4 SRR462 500
Hilux 2.4 GD-6 4×4 SRXR468 800
Hilux 2.8 GD-6 RB RaiderR490 700
Hilux 2.8 GD-6 RB Raider outoR508 500
Hilux 4.0 V6 RB Raider outoR527 400
Hilux 2.8 GD-6 4×4 RaiderR554 600
Hilux 2.8 GD-6 4×4 Raider outoR573 500
Hilux 4.0 V6 4×4 Raider outoR621 600

Fortuner

Fortuner 2.7 VVTi RB outoR438 000
Fortuner 2.4 GD-6 RBR454 000
Fortuner 2.4 GD-6 RB outoR471 800
Fortuner 2.8 GD-6 RBR535 800
Fortuner 2.8 GD-6 RB outoR554 400
Fortuner 2.8 GD-6 4×4R596 100
Fortuner 2.8 GD-6 4×4 outoR614 800
Fortuner 4.0 V6 4×4 outoR660 600

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

My 1994 2,4D Hilux het nou 370 000km op met min probleme waar normale slytasie sy tol ge-eis het met die koppelaarplaat, ratkas ens.
My 2008 Exclusive D-4D Corolla was 4 weke by Toyota en is nou alreeds 5 weke by ‘n dieselwerktuigkundige (deur Toyota verwys) met aansitprobleme. Nou al 9 weke en daar word lustig gesoek. Die Corolla se dinge het laasjaar begin op 95 000 km. Die probleme so driekeer gouer as op my bakkie.
My gewone 2005 Ford Ikon 1300 (wat nie eers ‘n kattebaklig het) staan nou op 140 000 km en het nuut R85 000 gekos teenoor die Corolla se R223 000. Dit laat mens d(r)ink né . . .

Giep ·

My 1994 Hilux het my destyds R60 000 gekos. Dit het nou 400 000kms en ek is laasmaand R60 000 daarvoor aangebied. Ek het dit van die hand gewys. Daars zero ander fabrikate wat dit kan regkry.
Ek het die nuwe 2.4 Hilux gery en was verbyster hoe goed dit is.. EN DIE KRAG! As ek gedreig word met die dood om n ander tipe bakkie te koop sal dit n Isuzu 3.0 DteQ wees

Zack ·

Baie Toyota eienaars leef in ‘n droomwerd. Diefstal op toyota is die meeste van al die voertuie met die gevolg dat die versekering premies ook hoer is.
Toyota mag wel goeie herverkoopswaarde he maar wat is die Rand Waarde wat jy meer vir versekering betaal het in die 22jaar wat jy die voertuig het?
Ek was daar en my calculater regverdig dit nie al kry jy R5 meer vir herverkoopswaarde. Die ander ding is die hi jacking op Toyotas. Ek gaan nie weer ‘n kans vat en my familie blootstel aan dit nie. Sterkte met jou keuse op die Isuzu. Ek het een gery en ek was 100% tevrede met diens en herverkoopswaarde. Tans ry ek n 3.2 XLT 4×4 Ford wat volgens my my beste bakkie is wat ek gery het.

Lorraine ·

Wel einde 2012 was ons met vakansie in Lambertsbaai waar ons gaan kamp het. Ons kombi het egter gebreuk en ons moes toe Kaapstad toe ry om voertuig te huur omrede ons gekamp het en waentjie gehad het. Wel ons het toe Toyota dubbel kajuit gehuur en ek was in my noppies. Nog nooit so lekker gery en veilig gevoel nie. By Ventersburg breek my swaer se Isuzu dubbelkajuit. Wel dit was laat aand en kon niemand kry om te help nie toe sleep ons die isuzu met hul waentjie. Op die ou end wou ek nie bakkie terug gee nie en het nog dag ekstra betaal maar dit was die lekkerse rit ooit. Ek droom daarvan om eendag ook by dubbelkajuit toyota te ry….

TM ·

Sal nog steeds ‘n Ford Ranger koop of tweedens ‘n Isuzu. Toyota is duur en onveilig en glad nie meer so betroubaar soos 20 jaar terug nie. En hulle ontwerpe van buite is net vreemd.

Emile Zaayman ·

So paar weke terug is daar dan berig die Toyota bakkies wil sommer omval as jy uitswaai vir iets … Toyota is lankal nie meer wat dit was nie.

Wim ·

Ai tog hierdie is n artikel en n toets oor die Toyota en Fortuner en die klomp Ford ryers klim op die sleutelborde en vertel net hoe goed Ford is en dat hulle net dit sal ry en hoe duur die versekering op Toyotas is ens, een werk dit glad met sy sakrekenaar uit hoe arm jy gaan raak as jy Toyota ry. Asseblief mense lees die artikel en hou jou Ford kommentare vir die Ford artikels. Ek het al almal gery,Ford ,Toyota, Mazda, Isuzu, Colt ens en nog nooit nodig gehad om vir iemand te vertel hoe swak een fabrikaat teenoor die ander fabikrate is nie.Wil ook net sê het baie goeie diens gehad van al die fabrikate wat ek gery het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.