Plaaslike bekendstelling: Suzuki Baleno 1,4 GLX handrat

Die Suzuki Baleno 1.4 GLX handrat (Foto: Suzuki)

Die Suzuki Baleno 1.4 GLX handrat (Foto: Suzuki)

Maroela Media Motors is onlangs genooi om die splinternuwe Suzuki Baleno te gaan toetsbestuur in die Oos-Kaap. Dit is gerusstellend om ʼn motorvervaardiger te sien doen waarmee hulle goed is – Suzuki is bekend vir klein luikrugmotors.

Die Baleno is op ʼn splinternuwe platvorm gebou. Hoewel die nuwe Baleno groter is as Suzuki se Swift, is hy 11% ligter teen 915 kg. Liggewig is altyd ʼn goeie resep om te volg. Dit laat ʼn motor vinniger en sterker voel asook ligter op brandstof. ‘n Wen-wen situasie.  Dit is ook die eerste Suzuki-motor wat in Indië vervaardig word vir wêreldmarkte en word uitgevoer na alle lande, insluitend Japan.

Ek is ook regtig beïndruk met Suzuki se besluit om nie die kleinkapasiteit turbo-roete te volg nie. Suzuki, soos ek – voel dat die 1,4 liter natuurlik geaspireerde enjin heeltemal voldoende is – en werklik ligter is op brandstof in werklike omstandighede en bestuurstyle. In die Baleno is die gewone 1,4 enjin vinniger van 0 tot 100 km/h as die turboaangejaagde enjin.

Die Suzuki Baleno het ʼn sportiewe voorkoms en interessante lyne. Slegs die GLX handrat model was beskikbaar by die bekendstelling, so 16” sierwiele, chroom aksente aan die bakwerk, drukvin, leerstuurwiel, spoedbeheer, reikafstandverstelbarestuurwiel, klimaatbeheer, raakskerm inligtingstelsel en PDC is standaarde toerusting. Die Baleno spog ook met die meeste beenruimte in sy segment.

Die Suzuki Baleno 1.4 GLX handrat (Foto: Suzuki)

Die Suzuki Baleno 1.4 GLX handrat (Foto: Suzuki)

Die binneruim is dadelik gemaklik. Bestuursposisie is vir my lekker gemaklik en al die instrumentasie maklik om te lees. Teen seevlak is die 1.4 enjin lekker gretig en bied 68kW teen 6 000 r/min en 130Nm wringkrag teen 4 000 r/min. 0 – 100km Neem maar 10.9 sekondes. Die rathefboom is lekker glad en direk. Dit laat die bestuurder positiewe ratwisselings handhaaf sonder om ratte te glip.

Die Baleno se ritgehalte is vir my indrukwekkend vir ʼn klein motor. ʼn Entoesiastiese rit op die Van Stadenspas het die Baleno glad nie uit plek laat voel nie. Daar is goeie vering wat die Baleno stabiel hou sonder om jou tande uit te skud. Die rempedaal het ook ʼn lekker positiewe gevoel. Baie moderne motors het almal kleinkapasiteit turboaangejaagde enjins. Ek is bly dit is nie die geval met die nuwe Suzuki nie. Ek het lanklaas met ʼn motor gery waarvan die enjin soveel karakter het, en jou aanhits om vet te gee, verby 5 000 r/min.

Op ʼn wye roete met op- en afdraandes, wind wat ʼn Gauteng-boom wortel en al sal uitruk en entoesiastiese bestuurstyle, het die Baleno ʼn indrukwekkende 6,2l/100 km gebied op die toetsroete. Al klagte is op ʼn slegte stuk teer het die padgeraas bietjie wild geraak in die kajuit. Verder dink ek nie ʼn mens kan veel beter doen vir spesifikasievlak, brandstofverbruik en ruimte teen hierdie prys nie.

So lyk die reeks:

Baleno 1.4 GL handratR199 900
Baleno 1.4 GLX handratR229 900
Baleno 1.4 GLX outomatiesR244 900

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 100 000 km waarborg asook ʼn 4 jaar/ 60 000 km diensplan. Diensintervalle is elke 15 000 km.

So lyk die kompetisie:

Volkswagen Polo 1.2TSI Comfortline66kW

130Nm

4.9l/100 km3 jaar/ 120 000 km waarborg

3 jaar/ 45 000 km diensplan

R246 700
Toyota Yaris 1.373kW

125Nm

5.6l/100 km3 jaar/ 100 000 km waarborg

3 jaar/ 45 000 km diensplan

R220 000
Hyundai i20 1.4 Fluid74kW

133Nm

6.5l/100 km5 jaar/ 150 000 km waarborg

3 jaar/ 60 000 km diensplan

R249 900

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.