Plaaslike produksie begin van die uitgebreide Everest reeks

Ford Everest Foto: Ford

Ford Everest Foto: Ford

Ford Suid-Afrika het met vervaardiging van sy nuut-uitgebreide Everest-reeks begin. Daar sal nou agt modelle beskikbaar wees in plaas van twee.

Die reeks sal nou so lyk:

2.2 TDCi 4×2 XLS handrat
2.2 TDCi 4×2 XLS outo
2.2 TDCi 4×2 XLT handrat
2.2 TDCi 4×2 XLT outo
3.2 TDCi 4×2 XLT outo
2.2 TDCi 4×4 XLS handrat
3.2 TDCi 4×4 XLT outo
3.2 TDCi 4×4 Limited outo

Die 2.2 TDCi enjin is reeds in die Ranger-reeks beskikbaar en bied 118kW en 385Nm wringkrag.

Die uitbreiding volg op ʼn R2,5 miljard-belegging in Ford se plaaslike bedrywighede. Dit het ook 1 200 nuwe poste geskep by Ford Motor Company of Southern Africa en sy verskaffer-netwerk.

Die nuwe Everest modelle sal vervaardig word vir sub-Sahara-Afrika by die Silverton fabriek. Alle pryse en spesifikasievlakke sal by die media-bekendstelling beskikbaar gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pragtig ·

Wat n pragtige voertuig! Well done Ford soos altyd maak dit my n groot Ford aanhanger! Ek sal glad nie omgee vir so n spog Everest nie!

Landi Slatter ·

Dagsê Ben

Dankie vir jou navraag. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.