Porsche word 70

Porsche tydens die 70ste herdenking by die Kyalami-renbaan in Gauteng (Foto: Porsche)

Porsche Suid-Afrika het Saterdag by die Kyalami-renbaan in Gauteng ʼn asemrowende 70ste herdenking gehou. Ongeveer 1 500 Porsche’s van alle kleure, groottes en ouderdomme het uit alle hoeke van die land opgedaag.

Porsche het uitstallings gehad van onder meer hul afgelope vier modelle wat as Suid-Afrika se Motor Van die Jaar gekroon is, en dié uitstalling wat almal in bewondering gelaat het is ʼn nuutskepping van die heel eerste Porsche 356 waarvoor Porsche-ingenieurs al die oorspronklike metodes en materiale gebruik het. Aangesien 356 No. 1 ʼn prototipe was, is hy al verander oor die jare om nuwe tegnologieë mee te toets.

Porsche tydens die 70ste herdenking by die Kyalami-renbaan in Gauteng (Foto: Porsche)

Porsche-eienaars het opgedaag in hul duisende om dié spesiale dag te vier. Dr. Wolfgang Porsche het uit Duitsland ʼn persoonlike boodskap vir Tobie Venter, Porsche Suid-Afrika se uitvoerende hoof, en Jessica Baker, bemarkingsbestuurder, gestuur waarin hy hulle bedank vir hul bydra tot die Porsche-familie in Suid-Afrika.

ʼn Paar Porsche’s het hul staal gewys op Kyalami in twee wedrenne waarna sekere eienaars genooi is om deel te neem. Soos gewoonlik het Venter, die eienaar van Porsche Suid-Afrika én die Kyalami-renbaan, die ander manne uitgestof om met ʼn asemrowende gaping eerste oor die wenstreep te jaag met sy 21-jarige Porsche 993-renmotor.

Die hordes Porsche’s was vir asemrowend om te aanskou en ʼn mens kon sien elke eienaar was in sy element.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.