Renault het sy Nissan Xtrail-boetie in April 2016 in Suid-Afrika bekend gestel. Drie maande later word die reeks uitgebrei met Renault se EDC-ratkaste asook die wêreldberoemde 1.5 dCi 81kW Turbodiesel-enjin.
EDC staan vir ‘Efficient Dual Clutch’ en is beskikbaar op die 1.2 96kW Turbo-petrol asook die 1.5 dCi 81kW Turbodiesel. Die petrol kry ʼn 7-gang outo en die diesel 6.
Die EDC-ratkas kan tot 17% verbetering in brandstofverbruik bied, sê Renault SA en ook tot 30g/km vermindering in CO2 uitlaatgasse. Drastiese verminderings in enjingeraas lei ook tot beter gemak op die pad.
Die hele Kadjar-reeks kom standaard met ʼn 5 jaar/150 000 km-waarborg, 6 jaar-korrosiewaarborg en 5 jaar/90 000 km-diensplan. Diensintervalle is 15 000 km.
Hy prys so:
1.5 Turbo dCi 6-spoed handrat | R394 900 |
1.2 Turbo petrol EDC 7-spoed Outo | R399 900 |
1.5 Turbo dCi EDC 6-spoed Outo | R414 900 |
Ons wag om die Kadjar behoorlik te ry, dan gee ons vir julle meer inligting op ritgehalte, brandstofverbruik en gemak.
Waar is die motor kenners. Is die n Renault of is dit n Dacia. Dacia is nie juis iets wat my opgewonde maak nie.
Hi Daan. Hierdie is nie ‘n Dacia nie. Hy word in Spanje gebou en deel DNS met die Nissan Qashqai.
Net die Renault Sandero modelle en Duster reeks is Dacia’s wat as Renault “ge rebrand” is.
My ervaring met die Duster dci is dat daar heelwat Renault invloed en komponente is. Die lekkerste is die diesel enjin