Renault se Koleos onderskat?

Die Renault Koleos. (Foto: Verskaf)

Renault, Nissan en Mitsubishi is nou deel van een wêreldgenootskap. Renault se Koleos deel enjins, ratkaste en dryfstelsels met Nissan se Xtrail. Die huidige Koleos is ʼn aantreklike middelgrootte sportnuts met ʼn indrukwekkende spesifikasievlak … maar hoekom verkoop daar nie meer van hom nie?

Die buiteontwerp is beslis uniek en een van die mooier sportnutse wat tans rondrits. Die binneruim beïndruk nóg meer. Daar is elektries verstelbare sitplekke, leer, klimaat- en spoedbeheer, truratkamera, elektroniese handrem, digitale instrumente, outomatiese ligte en ruitveërs – de lot. Aan die veiligheidskant van sake is daar lugsakke, ABS, EBD, vastrap en stabiliteitsbeheer.

Die alles fyn – maar dit bring my by die Koleos se teleurstelling. Die Koleos word aangedryf deur Nissan se atmosferiese 2.5-viersilinderpetrolenjin. Goed. Die enjin bied selfs ʼn indrukwekkende 126 kW en ʼn minder indrukwekkende 233 Nm. Die enjin in die eerste Xtrails het ʼn 4-spoed- outomatiese ratkas gehad en was afgryslik swaar op petrol. Hy het nou ʼn 8-spoed-palwisseltransmissie. Dit maak hom baie lig op brandstof, maar klink aardig – en as mense enigsins meer as rustig wil versnel, raas dit verskriklik.

(Foto: Verskaf)

Die CVT hou omwentelinge lekker laag as ʼn mens rustig op die snelweg toer of stadig in die dorp rondploeter, maar sodra jy voet in die hoek sit, begin die ratkas rondspring om krag te bied. Dis onaangenaam. Ander produkte in die mark waar palwisseltransmissies met turbo-enjins gepaardgaan, vaar baie beter. Op die oop pad toer die Koleos lekker, en die ritgehalte is heel goed. Padhouvermoë is in die kol vir dié soort voertuig.

Die Koleos is maklik om op te som. Dit is ʼn lieflike produk wat deur sy enjin/ratkas-paring teleurgestel word. Wat in sy guns tel, is sy vierwielaandrywing en billike prys – so as ʼn mens altyd werklik rustig ry, is dit ʼn puik produk.

Die reeks lyk só:

Renault Koleos 2.5 ExpressionR439 900
Renault Koleos 2.5 DynamiqueR489 900
Renault Koleos 2.5 Dynamique 4WDR529 900

Die reeks word deur ʼn 5 jaar/150 000 km-waarborg en 5 jaar/90 000 km-diensplan gedek.

Die kompetisie lyk só:

Kia Sportage 2.0 Ignite Plus outo115 kW/196 Nm8.1 ℓ/100 km5 jaar/onbeperkte km-waarborg en 90 000 km-diensplanR454 995
Jeep Compass 1.4T Limited125 kW/250 Nm7.4 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km- waarborg en

-diensplan

R468 729
Hyundai Tucson 2.0 Premium outo115 kW/196 Nm9 ℓ/100 km5 jaar/150 000 km- voertuigwaarborg

7 jaar/200 000 km- dryfstelselwaarborg

5 jaar/90 000 km- diensplan

R474 900
Mazda CX-5 2.0 Dynamic outo121 kW/213 Nm6.9 ℓ/100 km3 jaar/onbeperkte km-waarborg en

-diensplan

R479 700
Ford Kuga 1.5T Trend outo132 kW/240 Nm6.9 ℓ/100 km4 jaar/120 000 km- waarborg

6 jaar/90 000 km- diensplan

R494 900
Nissan X-Trail 2.5 4×4 Acenta Tech126 kW/233 Nm8.3 ℓ/100 km6 jaar/150 000 km- waarborg

3 jaar/90 000 km- diensplan

R505 900
Opel Grandland X 1.6 Turbo Enjoy121 kW/240 Nm7.0 ℓ/100 km5 jaar/150 000 km- waarborg

5 jaar/100 000 km- diensplan

R514 000
Subaru Forester 2.0i-L ES115 kW/196 Nm7.6 ℓ/100 km5 jaar/150 000 km- waarborg

3 jaar/75 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R517 000
Citroen C5 Aircross 1.6T Shine121 kW/240 Nm7.9 ℓ/100 km5 jaar/100 000 km- waarborg en

-diensplan

R539 900
Toyota Rav4 2.0 AWD GX-R127 kW/203 Nm6.7 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km- waarborg

6-dienste-diensplan

R552 600
Honda CR-V 2.0 Elegance113 kW/189 Nm7.3 ℓ/100 km5 jaar/200 000 km- waarborg

5 jaar/90 000 km- diensplan

R554 200
Volkswagen Tiguan 1.4 TSI Comfortline110 kW/250 Nm6.8 ℓ/100 km3 jaar/120 000 km- waarborg

5 jaar/90 000 km- diensplan

R568 400

Tussen dié mededingers is slegs die Koleos, X-Trail, Forester en Rav4 vierwielaangedrewe voertuie. Die klas is wyd met baie opsies. Kyk gerus na almal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.