Renault stel sy splinternuwe Mégane bekend

Renault Mégane Foto: Renault

Renault Mégane Foto: Renault

Renault het sopas sy splinternuwe mediumgrootte luikrug bekend gestel. ʼn Mooi volwasse ontwerp en vier verskillende enjin-ratkaskombinasies is beskikbaar.

Gewone 1.6 liter viersilinder petrol met ʼn 5-spoed handrat wat 85kW lewer, is beskikbaar teen R279 900.

Twee GT-Line opsies, 1.2 liter viersilinder turbo-petrol met ʼn 6-spoed handrat of 7-spoed outo wat 97kW bied, jaag jou R339 900 uit die sak vir die handrat en R354 900 vir die outo.

Dan is daar die meneer van die reeks – die Renault Mégane GT, ʼn 1.6 liter viersilinder turbo-petrol met ʼn 7-spoed dubbelkoppelaar outokas wat teen R449 900 te koop aangebied word. Die GT lewer 151kW en 280Nm wringkrag.

ʼn Magdom standaarde spesifikasies is beskikbaar op al vier modelle, die 1.6 Dynamique is die intreemodel, die twee GT-LINE modelle volgende met 17”sierwiele, LED dagligte, leerbekleedsel, elektroniese handrem, verhitte bestuurdersitplek en ʼn 8.7”navigasiestelsel. Die topmodel GT kry egter 18”sierwiele en ratwisselingspane agter die stuurwiel.

Twee opsionele ekstras wat op die GT-LINE of GT geneem kan word is Blind Spot Warning & Easy Parking vir R10 000 en dan Electrochromatic room miror & Electronic panoramic sunroof vir R10 000.

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/150 000 km-waarborg en ʼn 5 jaar/90 000 km-diensplan.

Ek sien uit na die Mégane. Renault se voertuie was nog nooit alledaags nie… en ek het al self drie besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê

Dankie vir jou terugvoer. Hierdie artikel is deel van ons motorblad waar ons verskillende motors toets en nuwe modelle aan voornemende kopers bekend stel. Dit help lesers om ‘n ingeligte besluit te maak wanneer hulle ‘n nuwe motor wil aanskaf.

Ons is dankbaar vir motorfabrikate wat boonop besluit om op Maroela te adverteer – dit stel ons in staat om ons nuus gratis aan ons lesers te bied.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.