SA se gewildste bakkie opgeknap

Toyota Hilux Legend 50 (Foto: Verskaf)

Toyota meen dat legendes nie ontwerp word nie, maar oor ʼn tydperk gebou word. ʼn Lang tydperk.

Ek is geneig om met hulle saam te stem. Toe die eerste Hilux in 1969 bekendgestel is, was almal nog met groot Amerikaanse bakkies doenig – beslis nie die nuwe Japanse goed nie.

Spring 50 jaar vorentoe tot Junie 2019. Toyota se Hilux verkoop ʼn rekord 4 770 eenhede. Dit is ʼn produk en ʼn verhouding wat 50 jaar geneem het om te bou. In daardie 50 jaar het Toyota meer as een miljoen Hilux-bakkies in Suid-Afrika verkoop.

Toyota se jongste Legend 50 wat die Raider-reeks vervang sal die Hilux dra tot die volgende weergawe.

Toyota Hilux Legend 50 (Foto: Verskaf)

Die Legend 50 geniet geringe visuele opknappings soos pasgemaakte 18”-sierwiele, swart aksente op die voorste en agterste buffer, ʼn swaardiens bakseiltjie en ʼn laeprofiel sleepstang. LED-ligte en dagligte rond die pakket af. Die binneruim kry verskeie opknappings, swart leer met blou stiksel is uniek aan die Legend 50. Daar is ʼn chroom strook op die paneelbord om ʼn luukser gevoel aan die binneruim te gee. ʼn Aangename nuwe spesifikasie is sleutellose toegang met aan/af-knoppie.

Die grootste opknapping na my mening is die nuwe inligtingstelsel. Die 8”-skerm is ook nou in die paneelbord geïntegreer en staan nie meer soos ʼn opgeplakte iPad op die paneelbord soos voorheen nie. Dié nuwe stelsel het twee draaiknoppies vir volume en instel wat baie beter werk as die vorige drukknoppe. Dié stelsel kry ook navigasie as standaard by – ʼn groot voordeel as mens in Suider Afrika toer sonder selfoonopvangs.

Verder dra die Legend 50 oor na alle Raider-modelle, enkel, Xtra of dubbelkajuit. Die Legend 50 is beskikbaar slegs met 2.8 GD-6 enjin wat 130 kW en 420 Nm bied op die handrat en 450 Nm op die outo. Daar is 4×2 en 4×4 beskikbaar. Die reeksleidende 4.0 V6 is slegs in 4×4 outo beskikbaar.

Die reeks lyk só:

ModelPrys
EnkelkajuitHilux SC 2.8 GD-6 RB Legend 50 MTR 472 000
Hilux SC 2.8 GD-6 RB Legend 50  ATR 491 100
Hilux SC 2.8 GD-6 4X4 Legend 50  MTR 537 700
Hilux SC 2.8 GD-6 4X4 Legend 50  ATR 557 100
XtrakajuitHilux XC 2.8 GD-6 RB Legend 50  MTR 511 100
Hilux XC 2.8 GD-6 RB Legend 50  ATR 530 200
Hilux XC 2.8 GD-6 4X4 Legend 50  MTR 578 800
Hilux XC 2.8 GD-6 4X4 Legend 50  ATR 598 200
DubbelkajuitHilux DC 2.8 GD-6 RB Legend 50  MTR 579 100
Hilux DC 2.8 GD-6 RB Legend 50  ATR 598 500
Hilux DC 2.8 GD-6 4X4 Legend 50  MTR 647 600
Hilux DC 2.8 GD-6 4X4 Legend 50  ATR 668 800
Hilux DC 4.0 V6 4X4 Legend 50  ATR 712 100

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 100 000 km waarborg en 9 dienste/ 90 000 km diensplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Grens ·

Ek voorspel dat die Hulix van die beste vekope nog gaan he. Dit bly maar die nommer een!!

Robert ·

Grens die nommer een wat? Dis nie te sê die beste verkoper is die beste bakkie nie. Amarok is baie beter as die Toy niks met verkoops syfers te doen nie. McDonalds verkoop die meeste kits kos beslis nie die beste nie.

Vraagteken ·

Die amarok is dalk vir die eerste 2 jaar in sy lewe die beste. En dan daarna gaan alles afwaards.

HPV ·

Geen bakkie, maak nie saak hoe goed, is daardie soort prys werd nie. Dit is presies wat dit sê, ‘n vragdraer of stuk gereedskap. Ek ry daagliks met ‘n 4×4 vir werk maar
sou verkies om met my motor te ry.

Siener ·

My Ranger het al die goed en nog baie meer waarmee die Hilux nou opgeknap word. Dis gin wonder die Ford Ranger dubble cab is die topverkoper dubble cab bakkie nie.

Dieter ·

Siener, al wat ek kry, is die totale verkope van enkel en dubbelkajuit bakkies. Geen getalle per vervaardiger nie. Gee n link, anders kan mens slegs aanneem jy suig feite uit jou duim.

Gemaskerde Sopbeen ·

Toyota het nou meer “oorlogs-voertuie” in lande met rebelle magte, as die meeste erkende wapentuig vervaardigers in alle lande waar daar aktief oorlog is!! Dis seker awesome te sê hoe goed jou voertuig is……….maar dis swak om dit aan sulke lande beskikbaar te stel.

Vraagteken ·

Net om aan te sluit by jou, al daardie voertuie word privaat ingevoer. Daar is nie handelaars in daardie lande nie.

Wat sê dit vir jou? As dit by oorlog kom is net ‘n Toyota goed genoeg.

Jaco ·

Die nuwe TOY!! Sal hom eers goed moet bewys voor hy by TOY se heel eerste legend gaan kom , dan praat ek nie eers van die Bielie van n RAPTOR nie. Nou trek TOY se grootmannne die die Dakar renspan nader om vir hulle n bakkie te ontwikkel wat moet by hou by FORD. Ek glo nie TOY sal by hou nie. ????????

Woertsie ·

Praat jy van die 2.2’s met die rap(tor) kits/ stickers?

Woertsie ·

Jaco, soos julle ford manne julle bakkies beplak met die stickers, sal mens sweer dis TOY’s…

Vraagteken ·

Jy droom. Al daardie voertuie word met safety factors ontwerp met ‘n rede – sodat hy moet hou. Al daardie Rangers gee lekker ratkas en aanjaer probleme. Glo my, as Toyota hulle safety factor so min maak soos wat Ford dit maak, dan sal die Ford hom nooit sien nie.

Antwoord ·

Vraagteken jy moet maar by koekbak hou. Jy moet meer bakkie rebrieke lees voor jy jou kommetaar gee

Piet ·

Nee dis netjies, maar onthou net, smaak verskil en geld is skaars.

Tienie ·

Nee wat. Die kool is nie die sous werd nie.

Buitendien behoort Toyota nog geboikot te word….

Andre C ·

Ek dink as die maatstaf “verkope per handelaar ” was gaan Isuzu bo aan wees.

Sakkie ·

In die vroëer jare was dit Ford teen Chev. Nou is dit Ford teen Toyota.
Niks verander nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.