Skryf in vir die Honda Quest True Adventure

(Foto: Kalon Films)

Die lang wag is uiteindelik verby. Jy kan nou inskryf vir die Honda Quest True Adventure – ʼn avontuurlik motorfietskompetisie met die Honda CRF1000 L Africa Twin.

Sien jy kans hiervoor?

Honda is op soek na die ware motorfietsavonturiers in Suider-Afrika. Manne en vroue wat kans sien vir fisieke en emosionele uitdagings, nuuskierig is, inisiatief kan neem en goed in ʼn span kan saamwerk.

Dit is geen resies of saamtrek nie. Dis ʼn ekspedisie met vele uitdagings. Daar sal tog ʼn mate van kompetisie wees wanneer die deelnemende spanne se motorfietsvaardighdede, meganiese vaardighede, uithouvermoë, moed en aanpasbaarheid uitgedaag word.

Die hoofdoel van die ekspedisie is om die mens se uithouvermoë en aanpasbaarheid te toets, sowel as die Honda CRF1000 L Africa Twin se vermoë om oor kontinente te reis.

Wat gebeur volgende?

Nadat die inskrywings ontvang is, sal Honda Motorcycles South Africa en Specialised Adventures (die organiseerders van die Quest True Adventure) 40 mense kies om die Boot Camp by te woon aan die begin van Augustus. Die instrukteurs van die Boot Camp sal dan die 20 finaliste kies wat aan die ekspedisie gaan deelneem. Die finaliste sal aan die begin van September per vliegtuig na Namibië vertrek. Die ekspedisie vind in die noordelike dele van Namibië plaas – 12 dae en 2 500 km vrotpad.

(Foto: Kalon Films)

Onkoste en logistiek

Daar is geen inskrywingsfooi vir die ekspedisie nie. Daar word egter verwag dat die 40 mense wat gekies word om aan die Boot Camp deel te neem, op eie onkoste na Kaapstad reis. Die 20 finaliste sal na en van Namibië vervoer word. Onthou dat jy verlof sal moet reël by jou werkgewer: twee dae verlof vir die Boot Camp, en twee weke verlof vir die ekspedisie.

Die prys

Die lede van die wenspan wen die Honda Africa Twin CRF1000 L waarmee hulle die ekspedisie voltooi het, en natuurlik ook die reg om te spog met hul prestasie!

Inskrywingsvorms kan by jou naaste Honda-handelaar ingevul word, of jy kan aanlyn inskryf op die Quest True Adventure-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.