Slaktande vir vinnige motors

Limpettande.

Limpettande.

Die samestelling van die tande van ’n seeslak, die limpet, kan die sleutel bied tot nog vinniger, veiliger motors.

’n Ondersoek het aan die lig gebring dat die materiaal waaruit die limpet se tande bestaan, sterker is as enige ander natuurlike of mensgemaakte materiaal, waaronder die sydrade van ’n spinnekopweb, titanium en kevlar.

Die tande kom aan ’n lang, rasperagtige tong voor waarmee die slak kos van rotswande afskraap.

Kevlar word dikwels vir koeëlvaste baadjies gebruik.

Die breekkrag van die tande het geblyk 6,5 gigapascals te wees, teenoor die breekkrag spinnekopsy se 4 tot 5, en kevlar tussen 3 en 3,5.

Die sterk, maar ligte materiale speel ’n groot rol in die ruimtevaartkunde. Dit kan egter ook gebruik word om motors ligter en sterker te maak, en so vinniger te maak.

Die navorsing wat deur die Universiteit van Portsmouth in Engeland gedoen is, is egter nog net die begin. Oor die volgende vyf tot ten jaar sal uitgepluis moet word om die materiaal sinteties te vervaardig.

Die volledige artikel in die National Geographic kan hier gelees word, en die artikel in die Christian Science Monitor hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Pompies ·

Ag tog, die regering moet net nie hiervan hoor ander vreet hulle die laaste vleis van die been af!

Theresa ·

So moet elke dier boet met hulle lewens vir menslike gewin. Van die grootste olifant tot nou die arme seeslak. Hierdie spul mense wat hul besig hou met die uitroei van diere sal nog moet antwoord sodra hulle by die hekke van die hel opdaag.

Paul ·

So, Theresa, ek neem aan jy drink nooit medisyne wat kieme doodmaak nie en maak ook nie jou huis skoon nie?

Herman Toerien ·

Die idee is om die materiaal sinteties na te mak en te vervardig.

Herman Toerien ·

Baie dankie. Ek het met die bronne tot my beskikking probeer vasstel of dit die regte Afrikaans is. Die probleem is dat van die bronne die dier in Engels as ‘n “sea snail” beskryf, en ook meld dat dit op ‘n sagte kussing soos ‘n slak beweeg. Op die foto’s lyk dit ook na ‘n seeslak, hoewel dit natuurlik moontlik is dat die “subs” die eerste en beste seeslak-foto gebruik het. Ook in die oorspronklike artikel, wat as semi-vakkundig beskryf kan word, word in die opskrif na “snail teeth” verwys. Behalwe vir die naam is daar eintlik geen aanduiding dat hulle iets verwys wat aan die mossels verwant is nie.

Eliza-beth ·

Ag nee jitte, dis alles goed en wel, maar wie wil nou NOG vinniger motors hê? Die jaagduiwels veroorsaak alreeds soveel kopsere! Ek is VIR die positiewe goed wat dit bied ja, maar teen bv vinniger motors wat dit ten gevolg kan hê. Maar nou-ja, dankie vir ‘n interessante artikel – navorsing interesseer my in elk geval altyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.