Sleep jy jou wa wettiglik?

Foto: Alamy

Foto: Alamy

In die dae, voor 2000, as jy jou rybewys geslaag het, was dit nog in jou identiteitsdokument geplaas. Dit was die ou kode 8-lisensie. Die publiek kon in daardie stadium enige geremde-sleepwa tot en met 3 500 kg sleep.

Toe kom die aardige kode B. Die wet bepaal dat mens slegs tot en met 750 kg mag sleep met ʼn gewone kode B, die standaardlisensie wat die meerderheid van die publiek nou mee bestuur.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) en die wet sê vir ons dit is onwettig om ʼn karavaan swaarder as 750 kg te sleep met ʼn gewone kode B-lisensie – en sou daar iets gebeur, sal jou versekering jou heel moontlik in die sop laat. Die AA het ʼn oefening gedoen waar hulle 20 toetsstasies gekontak het en, ten spyte van herhaalde pogings, het 17 van dié toetsstasies nie hul telefone geantwoord nie.

Van die drie oorblywende stasies het die Bloemfontein-toetsstasie foutiewelik gesê dat motoriste hul karavane met ʼn kode B mag sleep. Die toetsstasies in Tzaneen (Limpopo) en Ladysmith (KwaZulu-Natal) het die akkuraatste inligting weergegee.

Die wet het nie ruimte vir ʼn eenvoudige opgradering van ʼn kode B na ʼn EB-lisensie [wat jy benodig om ʼn karavaan van meer as 750 kg te sleep] nie. Die motoris moet die leerlinglisensie asook die praktiese toets oorneem, met ʼn sleepwa bo 750 kg GWM. Met só min terugvoer van die verskeie toetssentrums is dit moeilik om te bepaal watter sentrums die kapasiteit het om toetse te bied met ʼn sleepwa of karavaan.

Die beste raad sou wees om seker te maak jou sleepvoertuig en sleepwa of karavaan is padwaardig en gelisensieer, oorskry nie die GWM van die sleepwa of karavaan nie, en seker te maak jou sleepwa of karavaan se GWM is minder as die sleepvoertuig se tarragewig… en bekom die EB-lisensie.

Dit is amper vakansie-tyd, ry veilig!

Grafika: AA

Grafika: AA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Danie Potgieter ·

Ek het ‘n C1 lisensie. Mag ek dan ‘n karavaan sleep?

Will i am ·

Nee jy mag nie. 16000kg voertuig mag bestuur word sonder sleep

Gideon ·

Sou ek ‘n EC1 lisensie hê, mag ek alle voertuie kleiner as EC1 bestuur met die uitsondering van ‘n motorfiets?

Lucas Smith ·

Interresant. So met watter kodes mag jy wettig ‘n groot karavaan of bos trailer sleep? Net EB?
Mag jy enige iets sleep; groot of klein as jy net C of C1 het?

Jan Venter ·

Indien my sleepvoertuig (HILUX DC) ‘n GVM van 2740 kg het & ek sleep ‘n bos karavaan met ‘n GVM van 1400kg – dus is die kombinasie se “GVM” = 3640 kg.
Sou dit wettig wees om die kombinasie te bestuur met ‘n EB lisensie? Of moet ek ‘n EC1 lisensie hê?

Jan Venter ·

Indien my sleepvoertuig (GVM = 2740) & karavaan (GVM=1400) se kombinasie massa >3500kg is – sleep elk wettig met ‘n EB lisensie of moet ek ‘n EC1 lisensie hê?

Jacques ·

Ek dink dis net n geldmaak storie ek het die regte ding probeer doen deur die EB lisensie te gaan doen maar die toets beampte druip my omdat ek nie haar wys hoe verander ek die ratte alhoewel dit n automatiese voertuig is dan draai ek my rug en n ou bied my die lisensie aan vir n fooi-los maar ek sleep net so met kode B

James ·

Ek is in dieselfde bootjie. Probleem is die dag as jy in ‘n ongelik kom sal jou versekering vir geen eis betaal nie. Dit geld vir jou motor voertuig ook want jy sleep dan onwettig. Vir versekerings doeleindes moet jy maar EB kry as jy meer as 750kg sleep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.