Só sê Toyota oor Hilux-video

Skermskoot uit die video deur Teknikens Värld

Skermskoot uit die video deur Teknikens Värld

Toyota het reageer op ʼn video wat tans die ronde doen op sosiale media waar gebruikers gewaarsku word teen vinnige bewegings in ʼn Hilux-bakkie.

Die Sweedse motortydskrif, Teknikens Värld, wys in die video dat die nuwe Hilux byna omslaan wanneer die motor teen ongeveer 60 km/h vinnig van rigting verander word. Die tydskrif noem dit ʼn “moose test”, aangesien hulle wil bepaal hoe die voertuig sal reageer indien mens skielik vir iets in die pad moet uitswaai. Die 2007-model van die Hilux het op ʼn soortgelyke wyse reageer (beeldmateriaal ook in die video te sien).

Toyota het aan Maroela Media gesê die veiligheid van sy klante bly die motorvervaardiger se hoogste prioriteit. “Toyota neem die verslag deur Teknikens Värld baie ernstig op,” het die maatskappy gesê. “Ons is tans in gesprek met die tydskrif om bykomende besonderhede oor die toets te bekom.”

Die maatskappy het bevestig Toyota het sy eie streng veiligheidstandaarde vir alle produkte. “Hilux voldoen aan hierdie standaarde. Om al ons klante se veiligheid te verseker, sal ons egter ʼn deeglike analise van die toets doen en daarvolgens reageer.”

Lees Maroela Motors se padtoets oor die Hilux.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

Leser ·

Burger jy is dood reg, Isuzu doen dit nie, ook niks anders nie……………….

Giniel de Villiers ·

Glo my ek ry al jare verskeie voertuie op baie vinnige en stadige spoed op grondpad en teerpad. As jy so wil uitswaai soos hierdie ouens aandui stel jy nie net jouself in gevaar nie maar ook die ander voertuie en voetganers langs jou in gevaar. As iets in die pad voor jou is op daardie spoed dan SWAAI JY NIE UIT NIE!! Jy trap jou rem of bots in dit wat voor jou is. Dit is die reel. So noudat julle dit van my af gekry het kan almal nou net relax en julle voertuie geniet.

Paul ·

Dis waar dat woes uitswaai gevaarlik kan wees op die beste van tye. Punt is egter dat die Hilux dit glad nie kan doen nie, terwyl al die ander bakkies dit wel maklik regkry sonder beduidende gevaar.

Reinier ·

Ek wil graag op Giniel se kommentaar antwoord. Hier is my scenario…ek ry deur die woonbuurt teen 60km/h…skielik hardloop kind voor my in…jy se ek moet hom raakry en nie uitswaai nie. Ek dink nie so nie. Wat op aarde dink jy ? Natuurlik gaan ek uitswaai en terug swaai. En dis waaroor die toets gaan. En die Hilux doen dit nie soos hy moet nie. Ek het Audi se advanced driver training so rukkie terug gedoen. En hulle leer jou daar ook om so uit te swaai. Seker omdat hulle karre kan…

Gerhardt O ·

Jammer Burger, ek dag jy bedoel die Isuzu is nie getoets nie,

Jaco ·

Jy kry twee soort mense. Een soort wat ń Hilux besit en dan kry jy die soort wat nie ń Hilux besit nie. Laasgenoemde is gewoonlik die wat die meeste te sê het oor die bakkie. Gaan koop vir jou ń bakkie, magtig!?

Geniel ·

Ouens ouens ouens. Jy kry 2 soorte kommentators. Die wat `n nuwe Hilux kan bekostig en dan die wat `n ou suzie of ford ry. Jaloesie is `n blikkiesims….

Net die Waarheid ·

Moose, is glad nie ‘n probleem nie maar derduisende los lopende klein en groot vee…daar mag mos deesdae in dorpe geboer word en alle heinings is geleen deur die” people”

cr ·

Toyota was maar nog altyd pateties met hul padhouvermoee, maar omdat hy ook nie ‘n hoe werk verrigting het nie, is padhouvermoee seker nie so belangrik nie.

Johannes ·

Ek sal dit laaik om hierdie toetsie met ‘n Defender te sien…
Rol rol rol rol….

Johan II ·

Lekker cr…plattelanders aanbid om een of ander rede Toyota, dalk sal dit nou ophou. Daar was baie verslae van “Fortuners” wat gerol word, maar dan is die reaksie altyd dat dit maar net is omdat so baie boertjies die goed ry…nou kan hul sien daar is werklik n probleem.

Johannes ·

Ja die ranger kan dit nie regkry nie want a. hy is te stadig en b. sy ratkas is stukkend. Nee dankie been there done that never a t6 again.

SlowJoe ·

Die ouer reeks, veral die 2.5 diesel enkel en D/C 4 x 4 het maklik gerol. Die nuwe Toyota model Elvis. As jy hom ruk dan rol hy.

zack ·

Toyota weet dis dieselfde probleem as met die vorige modelle. Toyota kyk al jare die ander pad want die verbruikers is mos gebreinspoel deur Toyota wat nie “breek nie”, “Toyota wat die beste is. ”
Totoya bly ook maar gerieflikheids halwe stil oor die airbag recall van Hilux en die Fortuner. Hulle meld dit egter op Toyota se website.
NEE TOYOTA—die veiligheid van jou kliente tel min anders sou julle dit op TV geadverteer het dat die airbag lewensgevaarlik is.
Dis geen wonder die Hilux word herdoop na ‘n Rollux nie. Die publiek en nou die Wereld, kan nie almal verkeerd wees nie. Die Swede is Wereld bekend vir Veiligheid en nogmaals Veiligheid. Die Hilux was nog altyd bekend vir sy onveiligheid en swak padhouvermoee veral op grondpaaie.

Johannes ·

So hy ry sagter en het meer body roll. Met die launch het ek daai nuwe hilux so hard ek kon om die kegels geruk en al die wiele was nog op die grond. Daars nie ‘n manier ek swaai so uit vir iets in die pad nie, ons paaie is elk geval meesal nie breed genoeg om dit te akkommodeer nie. Ek sal nog steeds ‘n hilux ry want na jare se goeie diens kan ek rerig nie kla nie. Ek het nog nooit moes ratkaste of intercoolers of turbos ruil op ‘n hilux nie. Kan nie die selde van die T6 se nie. En tweedehandse waarde, T6 is soos vigs, jy kan nie van hom ontslae raak nie. Hilux slaan die manne vuis oor. Daar moet ‘n rede voor wees….

Johan II ·

Hahaha….Johannes jy verkoop seker die goed? Word ASB wakker, daar is baie beter bakkies, en hul probeer jou nie vermoor nie, nie nou kom met jou eie “toets” nie, gaan kyk die video!!!

raymond ·

toyota is nie gemaak vir uitswaai nie. hy gaan mos deur hom. :-)

Kapenaar ·

Na aanleiding van die video verlede week, het ons die naweek gou ons eie “toets” gedoen …. Tradouw pas, met n Hilux – 2016 en ‘n Ranger – 2015. Spoed op 100kmh gehou, – pas af.
die Ranger, lekker gerieflik en nog tyd om CD’s om te ruil… Die Hilux, net een woord – Scary!!! dit voel soos ‘n pretbaan… Toyota , neem maar die advertensie ernstig op, die Hilux gaan baie insleepdienste ryk maak!! NS – Nie anti Hilux nie, maar anti rol!!!

GPC ·

Okay, hoekom doen hulle nie ook ‘n offroad toets nie. Miskien omdat die Hilux heelbo hardloop. As Hilux hulle suspensie aanpas gaan hulle heel moontlik soos die nie die mas kan opkom van die teerpad af nie……….

Zack ·

GPC al wat heelbo hardloop of eerder in die rondte draai is sy wiele as die Rollux up sy dak le.
Jy glo ook seker as ‘n Hilux op sy kant le dan rus hy??? Word wakker die bakkie is ‘n gevaar en binnekort lees ons van eise teen Toyota as iemand dood gaan.

GPC ·

Zack, as mense soos maniake wil jy, gaan jy 1 of ander tyd jou moses teëkom. Kyk maar in die scrapyards, daar’s baie ander bakkies ook. Hierdie toetse maak jou verniet opgewonde. Kalmeer maar.

Johan II ·

Ek weet nou nie so lekker van jou “offroad” stelling nie…meeste voertuie ry 98% van die tyd nie “offroad” nie. Wat is nou die belangrikste veilig 98% van die tyd of marginaal (indien enigstens) beter langs die pad?

Francis Linstrom ·

Ek ry n nuwe prado omdat ons grondpaaie die meeste van die tyd onbegaanbaar is, maar dit vat ook n spoor wat uitgery is en ek weier om met my man se toyota single of extended cab te ry. Toyota is definitief nie gemaak vir sinkplaat nie.

Hennie ·

Stem saam ek ry my derde Hilux maar het nou genoeg gehad. Elke keer word daar beloftes geopper oor stabiliteit wat reggestel word. Jy is nie jou lewe seker op ‘n grondpad nie.

Anton ·

Hahaha
Niemand van julle besit sekerlik ń Hilux nie.
Sou graag een wou hê dink ek.
Daar is baie faktore wat in ag geneem moet word wanneer hierdie tipe toetse gedoen word. Spesifikasie soos vering ens. verskil van land tot land. Party lande kry sagter vering vir die lekker gladde teerpaaie daar met hier en daar ietsie ingebou vir sneeu, ys en so aan.
Hierdie bakkie was hoofsaaklik ontwerp vir Australie, Suid Afrika en Suid Amerika. Gaan kyk maar hoeveel Rangers jy daar sien ry. In die bos nie by jou lokale winkelsentrum nie.

Dr.S.J. Hechter ·

Ek is self ‘n eienaar van ‘n 4.0l Hilux 4×4 dubbelkajuit. Na my eerste 2 ritte op ‘n grondpad het ek dadelik ‘n Old Man Emu suspensie in plek van die oorspronklike suspensie ingesit, asook wiele wat vir my ‘n 8 duim breer wielsporing gegee het. Daarna was die Hilux vergelykbaar met ander dubbelkajuit bakkies. Dit is egter moeilik om Hilux eienaars en Toyota self te oortuig dat feite bo emosies gestel moet word!

Johannes ·

Absoluut. Is nou self op nommer 6 Hilux. Nee hulle het nie gerol nie. Een wel gesteel. Andre verkoop na baie hoe myle. Eerste ding wat jy op ‘n hilux doen is anner tekkies. Tweede ding OME suspensie. 3e ding, Gorilla lock. En siedaar. Niks se geruk en rol nie.

Kapenaar ·

Anton en GPC, kyk na die toetse, en aanvaar as daar ‘n probleem is, wragtig julle klink soos skoolkinders. Niemand op die blog het enige slegte kommentaar oor die Hilux gemaak nie, maar as daar ‘n probleem is , moet dit reggestel word. En wat die vering aan betref, dink julle nou regtig Toyaota gaan ‘n veerstelsel vir elke land ontwerp??
Gaan doen julle huiswerk, en kom terug met feite!

Piet Pompies ·

Hierdie toets wat gedoen word is die algemeenste reaksie van ‘n bestuurder as hy uitswaai, die rede daarvoor is nie duimsuig nie. Bakkies of soos dit ook bekend staan LDV’s is nooit werklik aan die veiligheids toetse van passasier motors blootgestel. Soos die tyd aanbeweeg het is Bakkies ook nou passasiers voertuie en ENCAP toetse word ook op hulle gedoen. Toyota Bakkies is ‘n goeie produk, daar is net meer veiliger Bakkies op die mark. So maak elkeen sy eie keuse!

Bertus ·

Ek stem. Daar is niks fout met toyota betroubaarheid nie. Maar padvermoë wel. My vriend en sy seun is September in n hilux dood.

Piet ·

Ek ry ‘n 2002 toyota hilux 2L petrol bakkie op die plaas. Ek beweer nou nie dat dit padhouvermoe het van ‘n ferrari nie, maar hy het nou 355’000Km, met sy oorspronklike ratkas, enjin en dif. Die ander manne het nuwe Ford rangers (5 van hulle in totaal). As dit by betroubaarheid kom lag ek lekker want hulle vermy eerder die onderwerp. As dit egter by luuksheid en veiligheid kom bly ek stil- gelukkig is ek nie n blink stefaans nie!

Joe ·

Piet, maar dis 14 jaar gelede tjom, daar het ak baie dinge gebeur intussen.

Ivan ·

Dit wys ook hoe bang ons plaaslike motor tydskrifte is om krities te wees teenoor hulle groot adverteerders – hierdie is ‘n maklike toets om te doen maar hulle sal nooit waag om so iets te druk nie. Enige een wat bietjie van motors verstaan besef hoë bakkies gaan nie goed doen met vinnige, skerp draaie op spoed nie, en die Toyoyta double-cab is hoër as van die ander. Ek kan nie dink hierdie is nuwe inligting vir Toyota nie.

Johan ·

Ek wil nou nie hoes poep of skinder nie, maar kyk hoe hard word die Hilux in daai draai gedruk en dan weer terug getrek in vergelyking met die ander fabrikate…. enige baakie sal so reageer as jy hom so hard in daai draai druk. En ek besit nie eens n Hilux nie…

Johan Fourie ·

Lessern ek stem saam ons het nie die Moose nie maar wel die TEXSIES hier ,dis ons moose .

Burger ·

Gieniel , jy is reg , maar in SA is min mense wat kan ry.Die meeste reageer instinktief en swaai uit. Die verskil tussen die Hilux en al die ander wat ook deel was van die toets is nie gering nie.

Seeklong ·

Hou nou op om tyd te mors….gaan koop ‘n Ranger so gou moontlik.

Gerhard ·

Nee wat…ek gaan nou regtig nie probleme gaan koop nie, hou maar by my Toyota, nog geen probleme gekry nie.

Shawn ·

Jammer mense maar hier moet ek kommentaar lewer. Ek het vir ongeveer 7 jaar by Volvo gewerk en ek weet presies hoe behep hierdie mense met veiligheid is. Hulle is neutraal wanneer hulle hulle toetse doen. Enigiemand wat sê dat hulle een voertuig harder sal ruk as n ander het nie n clue waarvan hulle praat nie. Met die launch van die XC90 het hulle voor die tyd vir my gesê hoe elke voertuig gaan reageer voordat ek in hom geklim het. Op die moose test, (uitswaai vir donkie bees of dronk voethanger in SA) het elke fabrikaat presies gereageer presies soos hulle gesê het. Daar was n paar scary oomblikke in van die ander fabrikate. As die swede sê n voertuig is onveilig kan jy maar jou ore oopmaak en luister. Dit maak nie saak watse verskonings julle aanvoer nie. Iewers gaan jy vir iets moet uitswaai. En die dag as dit gebeur sê die swede gaan jy moeilikheid hê. Neem kennis van die waarskuwing. Ek is n groot Toyota Fan. Maar ek is nie blind vir hulle foute nie.

Giep ·

Hilux kan maar rol..ek weet gelukkig hoe om te bestuur. Het al Isuzu(awesome bakkie) en Nissans/Ranger…almal besit. En ek gee nie om wie wat se oor Hilux nie. Hy breek nie , kos min om te onderhou , blaas nie turbos of verkrag sy gearboxe soos my Ranger (ex-Ranger) 3.2 nie.
Sy 2.8Liter in NET OP PAPIER swakker as my ou Ranger maar op die pad loop hy ligjare beter. Agneewat , ek lag my dood oor die ophef wat die jaloerses maak oor Hilux. Hy verkoop die beste, WANT HY IS DIE BESTE!

Dink julle jaloerses daai “moose” toets in 2007 het daai tyd n duik in Hilux verkope gemaak? NOPE! GLADNIE
Dink julle die Fortuner wat kamma “rol” het sy verkope gestrem? NOPE!! Gladnie!

So skree maar so hard as julle wil… as jy nie n Hilux ry nie weet jy nie wat n lekker ryding dit is nie! Eks MAL oor hom….en oor 10 jaar wanneer julle bakkies op die ashoop le , cruise ek nog lekker!!

Chris ·

Daar is n verskil om te bestuur en om perd te ry.
Met my Hilux Man ….ek gaan nie om n ding nie…ek gaan oor dit.

Johan Naude ·

Ek het al al hierdie bakkies besit..Ranger 3.2 , Navara , Amakrok , en nou die nuwe Hilux

Dis by VERRE die lekkerste bakkie. Gelukkig weet ek hoe om te ry so die “moose” maak my nie bang nie.
Meeste kopers is darem nie stupid om te skrik vir die afgunstiges wat nie n Hilux gekoop het nie.

Nes die 2007 Moose toets geen duik in Hilux verkope (of die Fortuner wat “Rol”) gemaak het nie…
Wanneer n bakkie so kop en skouers bo die res uitstaan maak “mooses” nie saak nie..
Selfs die Fortuner… bes verkoper in SA , en die Hilux…
Jyt of n Hilux/Fortuner , of jys spyt jyt nie geld om een te koop nie , of jyt n fout gemaak om die Daspoort Dappie bakkie (Ranger) te koop…
Ongelukkig lyk daai Rubber beesballe nie goed onder n Hilux nie (koop dan eerder n Ranger)

Dankie tog ·

Dankie tog, ek sal maar hou by my 1994 2.4Diesel enkelkajuit en langbak met 373000 km. Met hom kan ek esse ry en die kragstuur is in my arms.

gunther ·

Gelukig as hy rol val hy op sy wiele en ry verder,dis soos n 30,06 of n 308 watse een skiet die beste ford manne skiet 30,06 en toyota manne 308, dink op die einde gaan dit nie oor die geweer nie maar oor die skud,lol die ander mane wat Isuzu of nissan ry skiet seke. 22 he he,ek ry n corsa karetjie maar werk aan baie bakkies en moet eerlik se toyotas staan die minste in die werkswinkels

Willie ·

Wat het n vlakvark en n Toyota in gemeen, as hy stof sien wil hy rol

Frik vd Walt ·

Toyota hilux se bladvere is baie stywer as die ander bakkies. As mens baie vragte laai en grondpad ry kan n Hilux maklik 400 000km doen en nog in goeie kondisie wees. Waar die ander bakkies na 100 000km begin uit mekaar uit val

Koos ·

Die nuwe Toyota lyk vir my soos n haai en hoor ek kan dalk rol soos n vlakvark. Hahaha

Tambotie ·

Weet julle ek het n nuwe Fortuner in 2015 gekoop die duurste beste stofsuier wat n mens kan koop of kry . Suig stof soos niks anders . En Toyota doen niks omtrent my klagtes nie .

Johnny ·

Ai, hoe eenogig kan mense wees? As daar n fout is, aanvaar dit en maak dit reg. Soos die Fortuner.. Hou op stay oor bog soos kinders doen en word groot.

Bietjie bietjie ·

Giniel en ander wat Toyota so mooi beskerm moet gerus hulle roomyse by hulle naaste Toyota handelaar gaan afhaal vir goeie werk gedoen .
Komaan
Maak net die probleem reg .
AI die manne wat sê hulle kan bestuur ……..
HA ha ha
Julle mis die punt boys
Relax
Die voertuig vergelyk onveilig met die ander .
Hoef nie Toyota te verdedig
Hulle is groot genoeg

Willie ·

Ek ry n 2005 Ford Ranger 4.0 D/C 4×4. My beste bakkie ooit. Nee wat, hou so aan “FORD” !!!

Kosie Muller ·

Ek het ook al omtrent al die fabrikate gery, feit is dit is net soos jou vriende , almal van ons het foute , jou vriende kies jy omdat jy met hulle foute kan saam leef. Al die bakkies het goeie en slegte eienskappe maar die Hilux se foute kan ek mee saamleef.

Anthony ·

Johan ek het gewag vir so kommentaar en dus onwaarskynlik. Die swede is bekend vir hul veiligheid en ek glo nie hulle gaan een fabrikaat bo n ander fabrikaat “kies” nie. Dit lyk “harder ruk” omdat daai bestuurder weet wat hom voorle in dasi bakkie en veg om o
voertuig terug op wiele te kry, En ek besit nuwe Sportage en n Volvo.

Grens ·

Moet se: na my laaste KZTE Hilux het ek 5 foutlose Fords gery en hulle baie geniet. Ek het nou weer ‘n nuwe Hilux D4D en die ding het my al twee keer langs die pad laat staan!! Een van my kolegas by die werk het nou al die 3’de gearbox in syne en is nog nie 100% reg nie. Nee wat, die wat so aandring dat Hilux nie breek nie is sommer nonsens. So wat ek se is: Die Hilux is nie ‘n slegte produk nie, maar baie van die ander bakkies het Hilux ongelukkig lankal verbygeteek!!

Zack ·

Stem saam Grens.
Wat my die bangste maak is dat die sommige Toyota manne spog met 355000 km op die klok. Wie gee om oor ‘n ou bakkie????? Ek kan net dink hoe onveilig daardie bakkie is as n nuwe een so onveilig toets. Na 355000 km sal daar baie sluitasie op die onderstel en ander onderdele wees wat hom meer onveilig maak. Lyk my hier is baie manne wat nie omgee vir hulle eie veiligheid en die van hulle families nie. Al wat die toets vir my se is dat Toyota weet daar is fout en nog steeds niks aan die probleme doen nie.

Ernest ·

Hoekom maak Isuzu nie karre nie? Want hulle sukkel nog met hulle bakkis.

Bertus ·

Nee Wat Isuzu (agsiestog) het 3 gehad al 3 net probleme. VW AMAROK beste. Niemand kan voertuie bou soos Duitsers nie….

Emile ·

Baie dankie vir die berig en kommentaar, sou vandag ‘ n baie duur fout begaan het!

Eintlik het ek heeltyd geweet Ford is die beter keuse, maar almal gaan mos altyd so aan oor Toyota.

Ford hier kom ek…

Riaan ·

My vrou het anderdag n Ford Ranger in n kompetisie gewen, toe vra sy die ou wat die eerste prys gewen het of hulle kan ruil , hy het n LG tumbledryer gewen

Zack ·

Riaan
Jy spog fyn met jou vrou se IK.
(Ek neem aan jy het dit as ‘n grap verwys wel myne is ook.)

Zack ·

Riaan
Ek is die man wat die LG Tumbeledryer gewen het. 154 000 km met die permantige Ford 3.2 XLT 4×4 Auto sonder ‘n probleem.
Het jy al die tumbledryer en of vrou vervang?

Kalla ·

Ek ry n Hilux want ek kan.Ek het nog net pret en plesier gehad met hom.Almal wil n Hilux ry.Jy wil een ry want jy weet verkoop syfers lieg nie.Jy wil een ry want jou oupa jou pa en jou oom het een gery.Hulle het met hulle geboer en kerk toe gegaan en rugby toe.Hulle was altyd bereid om langs die pad te stop om iemand te help wat se bakkie gebreek het en hom intesleep.Hulle was altyd bereid om iets optelaai vir iemand want hy het n laaibak gehad wat dit kon doen en n enjin wat die vrag kon hanteer.Dit was die regte ding om te doen.Jy kan vandag nog n Hilux man langs n braaivleis vuur sien.Hy is die man wat stilbly en luister na almal se oningeligte opmerkings oor n Hilux.Hy beledig nie die ander manne se keuses om die vuur nie hy glimlag net.Hy is die man wat weet hy het die regte keuse gemaak met die koop van sy Hilux.Hy is die man wat met n glimlag na sy kinders kyk as hulle gesiggies met n glimlag na hom terug kyk in die tru-spieel.Hulle weet pappa het die regte keuse gemaak.Dit is n Hilux man met integriteit.As jy nie n Hilux ry nie sal jy dit nie verstaan nie .Groete Kalla

Zack ·

Kalla
Dis die beste brief wat ek gelees het. Ek het my ingeleef in elke woord. Jy is beslis ‘n man met integriteit. Toyota kan tots wees om jou as klient te hê.

Thea Gerber ·

Ai, maar ek het nou lekker gelag. Van die 69 kommentare was net 2 van vroue. As jy nou ‘n man wil sien saamgesels beledig net sy bakkie. Dit is soos om vir ‘n vrou sê haar kind is lelik. Maak nie saak wat jy ry nie, ry spoed en dan kan jy maklik ongelukke vermy. Dankie manne, julle het my dag opgevrolik.

Riaan ·

Zack , sy is nog baie gelukkig met haar tumbledryer,is nou op 250 000km en maak nog mooi droog, gebruik geen olie en ratkas is nog reg. en my vrou hoef ek nie te vervang nie, daar is niks fout met div nie.

Willem ·

Dit is net jammer oor die Ford se ratkas… Ek dink dieselfde gaan met die bakkies gebeur as wat met die SUVs gebeur het. Die eerste Range Rover kon jy met ‘n tuinslang uitspuit – aan die binnekant. As jy dit vandag doen kanselleer jy die waardborg en hulle sal die kar moet kom wegsleep want hy gaan nie weer vat nie.

Oelie ·

Ai, dat dit nou in n bakkie kompetisie ontaard!! Feit is vandag kry jy nie meer n swak bakkie nie. Ja, van al die fabrikate sal daar sommiges wees wat kla en wat baie probleme het. Net so gaan daar hordes wees wat net lof het oor hul bakkies. Dit hang baie af van hoe jy bestuur. Is jy trots op hom en behandel hom met respek? Of looi jy hom! Hierdie video het wel meriete. My Hilux D4D het al 310000 km op, en het my nog nooit in die steek gelaat nie. Ek was gelukkig nog nie in so n situasie nie, maar as dit oor my pad kom sal ek maar Giniel se raad volg – terwyl ek in n ander bakkie maar kan uitswaai. Hilux is goed, maar nie die beste nie – die mark het opgevang. Wat sal ons boere doen sonder ons trotse bakkies??

Anton ·

Aan Kapenaar en al julle ander Hilux haters,
Ek wou nie regtig in ń bekgeveg betrokke raak nie, (Ek is mos ń skoolkinders:) My geslag kom van die Ford of Chev generasie. Sedert daai het ek al al die fabrikate beproef oor en oor en myns insiens is dat die enigste ander bakkie wat met die Hilux kan kompiteer die Isuzu is (ok stenig my.) As jy ń bakkie koop om hom regtig te gebruik as ń bakkie (inkopies by die Kolonade tel nie) dan moet jy miskien jou Ford met sy swart moderspore stickers en fake luginlaat verkoop en saaam met ons Afrika besoek. Wanneer jy ń week of twee af het laat my weet dan vat ons die paaie aan waarvoor die Hilux ontwerk is. Groete, oor en uit. O ja en as Giniel die regte De Villiers is op hierdie forum moet julle hom miskien google voor julle hom aanvat. Wees gegroet.

hes ·

Ai die manne is tog so behep met hulle Hiluxe . Toyotas se padhouvermoe maak my bang! Nee wat, hulle is taai en betroubaar maar blink in niks uit nie, ook nie wat 4×4 vermoe betref nie, en dit sluit Landcrushers in! Terloops, as ek reg onthou het die Merc A klas ook destyds die toets gedop. Hulle het toe maar die inherente swak ontwerp “gepanelbeat” met elektronika en breër wiele….

Kobus ·

By ons werk het ‘n kolega sy vrou verloor na ‘n kop aan kop met ‘n Fortuner wat ‘n boot gesleep het en buite beheer geraak het. Meeste ouens koop Toyota omdat sy pa sy oupa en die Jones een ry :)

Johnny ·

Laat my aan laerskool koshuis dae dink. Dis dieselfde stryery as 10 jariges seuntjies oor wie se pa se trekkers die beste is. Altyd gestry tussen Ford, Massey Ferguson, John Deere en dalk Landini. En as iemand voel hy het verloor was die reaksie “maar my pa is sterker as jou pa” en dan was dit tyd vir appels swaai. Soos nou, as die ouens besem hulle Toyota het ernstige foute val hulle terug op ” maar my Toyota het al ‘n kizilion kilometers gedoen. Enjin is al 2 keer vervang en bakwerk ook. Beste bakkie ooit…
” ??

Nico ·

Ek sien Ford Ranger is top verkoper vir Oktober . . . . . . .
Ranger was ook verlede jaar top verkoper . . . . .

Theuns ·

Nou waar is die Hilux manne se kommentaar wat die plakkers “Melk,Coke en Ammoroks kom in 2 Liters” agter op hul bakkies het?
In elk geval,dis net Landrovers,Hiluxes en honde wat vassit.

Bertus ·

Ek stem Theuns. feite duitsers kan voertuie bou. Tot die manne van Voetspore kon nie kerm oor n Amarok nie….

Johan ·

Ek het een dag al ‘n paar jaar gelede gehoor hoe die boere spottenderwys sê dat as ‘n ou moeg is vir sy vrou, hy haar op ‘n Saterdagoggend stuur om gou ‘n paar biere in die dorp te gaan koop voor die rugby begin. Natuurlik met die Hilux.

Marius ·

Om vir ‘n Hilux man te sê hy moet ‘n ander bakkie probeer is dieselfde as om vir Zuma te sê hy moet bedank…

Johan Kriek ·

Dit lyk my die Hilux-eienaars raak net so sensitief vir kritiek teen hull voertuie as die Landy-eienaars. Alhoewel die Hilux ‘n baie goeie voertuig is, is dit nie foutloos of sonder gebreke nie. Al is dit moeilik vir Hilux-eienaars om te aanvaar, aanvaar dit nou maar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.