Suid-Afrika se nuutste Motor van die Jaar is…

Mercedes Benz A-klas (Foto verskaf deur SAGMJ)

Die Mercedes-Benz A-Klas is Donderdagaand gekroon as Suid-Afrika se Motor van die Jaar.

Dié handelaar het elf ander mededingers tydens ʼn glansgeleentheid by Huddle Park-gholfbaan uitgestof om as die 2018 Wesbank Motor van die Jaar gekroon te word. Die Porsche Cayenne is tweede en die Volvo XC40 derde.

Dit is vanjaar die vier-en-dertigste Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoenaliste se Motor van die Jaar-kompetisie en AutoTrader het Wesbank se plek ingeneem as hoofborg van die kompetisie. Die twaalf finaliste moes aan ʼn uitdagende twee dag lange toetsronde by Kyalami-renbaan deelneem en ʼn paneel van 26 van die SAGMJ se lede het elke voertuig geëvalueer.

Kategoriewenners

  • In die kategorie “kompakte stadsmotor” het die Suzuki Swift met die louere weggestap en die Nissan Micra uitgestof.

Suzuki Swift (Foto verskaf deur SAGMJ)

  • In die kategorie “familiesedan en luikrug” is die Mercedes A-klas bó die Honda Civic Type R as wenner aangewys.

Mercedes Benz A-klas (Foto verskaf deur SAGMJ)

  • In die kategorie “leefstyl/kruismodel” het Porsche Cayenne die kroon gespan. Hy stof die ander genomineerdes uit: Alfa Romeo Stelvio, Hyundai Kona, Renault Duster en Volvo XC40.

Porsche Cayenne (Foto verskaf deur SAGMJ)

  • In die kategorie “leefstyl/nutsvoertuig” kraai die Suzuki Jimny koning bó die Mitshubishi Pajero Sport.

Suzuki Jimny (Foto verskaf deur SAGMJ)

  • Die Lexus ES wen die kategorie “luukse volgrootte sedan”.

Lexus ES (Foto verskaf deur SAGMJ)

Die twaalf finaliste vir die Motor van die Jaar is gekies deur lede van die SAGMJ. Die finaliste was:

Alfa Romeo Stelvio
Honda Civic Type R
Hyundai Kona
Lexus ES
Mercedes-Benz A-Klas
Mitsubishi Pajero Sport
Nissan Micra
Porsche Cayenne
Renault Duster
Suzuki Jimny
Suzuki Swift
Volvo XC40

Vorige jare se wenners lyk só:

2018 – Porsche Panamera
2017 – Opel Astra
2016 – Volvo XC90
2015 – Porsche Macan S Diesel
2014 – Porsche Cayman S
2013 – Porsche Boxster
2012 – Hyundai Elantra 1.8 GLS
2011 – VW Polo 1.6 TDI & BMW 530d
2010 – VW Golf VI 1.4 TSI Comfortline
2009 – Honda Accord 2.4i Executive
2008 – Mazda 2 Individual
2007 – Honda Civic 1.8 VXi
2006 – Audi A3 Sportback 2.0T FSI
2005 – Volvo S40
2004 – Renault Mégane 1.9 dCi
2003 – VW Polo 1.4 TDI
2002 – Audi A4 1.9 TDI
2001 – BMW 320d
2000 – Renault Clio 1.4 RT
1999 – Alfa Romeo 156 T-Spark
1998 – Ford Fiesta Fun
1997 – BMW 528i
1996 – Audi A4 1.8
1995 – Opel Astra 160iS
1994 – Opel Kadett 140
1993 – BMW 316i
1992 – Nissan Maxima 300 SE
1991 – Opel Monza 160 GSi
1990 – BMW 525i
1989 – Toyota Corolla GLi Executive
1988 – BMW 735i
1987 – Mercedes-Benz 260
1986 – Toyota Corolla Twin Cam

Die mees suksesvolle handelsmerk in die kompetisie se geskiedenis is BMW met ses wenners, gevolg deur Opel en Porsche (elk met vier wenners). Volkswagen en Audi het elkeen al drie keer met die louere weggestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kaptein ·

Die A-Klas is vermoedelik ‘n goeie keuse. Lyk dit was so, so amper weer ‘n Porsche.

Die prys gaan vorentoe prysklasse _moet_ in ag neem. Dis mos absoluut vanselfsprekend dat die duurder motors meer dinge gaan regkry in ‘n kop-aan-kop vergelyking.
Hoe naby was die Renault Duster bv. aan die Porsche Cayenne op die puntelys? Wys vir ons die DETAIL van die beoordeling. Wys vir ons daardie “objektiwiteit”.

En dan, terwyl ons dan dinge op die tafel sit, vertel sommer watter gunsies wie ontvang het vanaf watter vervaardigers? Ek meen, as Porsche jou 2 keer per jaar Europa toe vlieg, gaan daardie Cayenne mos ekstra lekker presteer.

Brendon ·

Dagsê Kaptein,

Baie dankie vir jou kommentaar. Dit was voorwaar bitter naby tussen eerste en tweede plek. Prysklasse, waarde vir geld en prys teenoor ‘n finalis se mededingers word wel in ag geneem en ‘n kar kry punte vir óf teen hom, afhangend van prys.

Die punte word geoudit en is beskikbaar indien jy belangstel. Daar is 24 beoordelaars en ‘n olympiese puntestelsel word toegepas, so uitskieters word outomaties verwyder om te verseker dat die out wat lekker die A-Klas in Portugal gaan ry het nie die hele kompetisie omver kan gooi nie.

Groetnis
Brendon
nms Maroela Media

Vraagteken ·

Ja, en oor 4 jaar is daardie A-klass amper niks werd nie. Ek wonder of hy regtig so goed is ??

Eintlik is hierdie hele prosess ‘n bietjie van ‘n grap. Ek bedoel, die Fiesta fun was ‘n wenner in 1998 ???.

Ella ·

Dalk moet daar verskillende kategorie wees.
Die wenners van die afgelope jare is vir ryk mense en die met motortoelae.
kry asb ook n wenner in bekostigbare klasse vir mense wat self moet betaal met jou eie geld wat deesdae al minder werd word

Brendon ·

Dagsê Ella,

Baie dankie vir jou kommentaar. Daar is wel kategorieë. Die Suzuki Swift het sy kategorie gewen soos hierbo in die berig staan. Hy is beskibaar vanaf R160 900.

Groetnis
Brendon
nms Maroela Media

Hendrik ·

Ek het klaar ‘n Jimny en sal beslis my tweede (vakansievoertuig) ‘n Pajero Sport kry.

Lou ·

Ek verstaan nie mooi hoe die Honda Civic Type R in die Familie Sedan& Luikrug klas val nie.
Is dit nie meer ‘n warm luikrug vir jong jukkerige knape en middeljarige omies met so effense krisis nie? Nie die ideale gesins motor volgens my definisie nie.

Siener ·

@Brendon—Jammer ‘n bietjie van die onderwerp af, maar “Oor verkope per maand” kan jy miskien verduidelik hoe dit werk? Hoekom word voertuie wat in SA gebou en uitgevoer word na ander lande nie as verkope gesien nie? Dis tog verkope op die ou end.
Dankie vir jou rebrieke.

Nika ·

@Siener want dan kan die nie Suid-Afrika se nuutste motor van die jaar genoem word nie want die berig gaan oor wat die mense in SA koop nie oorsee nie.

Brendon ·

Dagsê Siener,

Baie dankie vir jou kommentaar? Praat jy van verkope oor die algemeen, nie met betrekking tot motor van die jaar nie. Indien wel, verstaan ek dit só. Die vervaardiger self sal dit tel as verkope – maar Naamsa tel dit nie, want daar voertuie word nie in Suid-Afrika verkoop nie, so die ketting is baie korter. Hoe daai verkope belas kan word verskil ook heeltemal en dra verskillend by aan die ekonomie. Indien ‘n kar in Suid-Afrika verkoop word kry die handelaarnetwerk ‘n stukkie van die koek, ‘n ander handelaar wanneer die kar weer as ‘n tweedehandse motor verkoop word en so meer.

Ek hoop dit beantwoord jou vraag.

Groetnis
Brendon
nms Maroela Media

Koos ·

Goeie keuse Fanie. Hulle wou myne leen vir die kompetiesie(omdat daar so min van gemaak is, kon Bugatti nie een beskikbaar stel nie) maar ongelukkig wou my versekering maatskappy nie toestemming gee dat ander mense hom ry nie.

Jan Coetsee ·

Hierdie keuse is vir die vermoënde gemeenskap . Tyd dat die beoordeelaars ook kyk na wat die man op die straat kan bekostig .

Wielspore ·

Ek het al gewonder watse maatstaf word gebruik met die kies van SA motor van die jaar en sal graag wil weet of daardie inligting wel beskikbaar is. Die Suzuki Swift is gekies as kompakte stadsmotor. Hierdie model het nie waffers gedoen met die NCAP toetse en was onder gemiddeld, wat verkope in SA betref, die model is nie onder die top tien van verkope, daar is 453 in Maart 2019 verkoop waar ander modelle tot 2400 verkoop het.
Dit wil voorkom of die paneel wat be-oordeel bloot hulle eie keuse en voorkeure uitoefen en daarvolgens word die motor van die jaar gekies. Veiligheid, gewildheid, herverkoop waarde en naverkope diens wat vir die koper baie beteken het geen impak op die keuse.

Andre ·

Hierbo is n beskostigbare voertiug.Het self Februarie die Swift GL gekoop @ R175500 met verlengede 4jaar diensplan,5jr 200 000km waarborg,uistekende brandstofverbruik en nogal pret om te bestuur.

Frans C ·

Wat beteken die kompetisie vir die gewone man in die straat.Mi absoluut niks.
‘n Beter aanduiding sal wees is die voertuie wat Jan alleman aankoop, want dit is wat
bekostigbaar is.

Elmer Swanepoel ·

Baie goeie keuse gewees vir 1988. Ek ry nog steeds myne!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.