Tesla herroep 123 000 Model S-voertuie

Tesla Model S (Argieffoto)

Tesla herroep 123 000 van sy gewilde Model S-voertuie weens probleme met die kragstuurmeganisme.

Die vervaardiger van elektriese motors het Donderdag ʼn e-pos na klante uitgestuur. Dié vrywillige herroeping is die grootste ooit deur die miljardêr Elon Musk se maatskappy en beïnvloed modelle van die luukse sedan wat voor April 2016 gebou is.

Tesla het bevind dat die kragstuurskroewe in kouer toestande uitermatig verroes en die stuur van die motor bemoeilik.

Daar is geen veiligheidsrisiko nie en klante sal steeds hul motors kan bestuur, het Tesla benadruk. Daar is ook nog nie enige ongelukke of beserings aangemeld wat met die fout verband hou nie.

Tesla se aandeelprys het Dinsdag skerp gedaal nadat die Amerikaanse regering aangekondig het hy ondersoek ʼn noodlottige ongeluk verlede week waar ʼn Model X-sportnutsvoertuig betrokke was. Die motor het die middelmannetjie van ʼn pad in Mountain View, Kalifornië getref en omgeslaan voor aankomende voertuie dit getref het. Die manlike bestuurder het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johan II ·

Der-duisende ongelukke vind elke dag plaas maar Tesla word ondersoek. Baie ironies van n olie magnaat regering.

Vraagteken ·

Johan, hulle word nie ondersoek oor die bogenoemde nie. Die model in hierdie geval is die Model S waar die kragstuurmeganisme foutief is.

Die ongeluk wat ondersoek word is die Model X – hy was betrokke in ‘n noodlottige ongeluk waar ‘autopilot’ geaktiveerd was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.