Tesla-motor haas man self na hospitaal

Die Tesla X (Foto: BBC)

Die Tesla X (Foto: BBC)

ʼn Amerikaanse man se Tesla X-sportnutsvoertuig het hom Maandag self hospitaal toe gery nadat die man tydens sy rit huis toe ʼn pyn in sy maag en bors ervaar het weens ʼn pulmonale embolisme.

Joshua Neally van Branson in Missouri, ʼn prokureur in dié staat, het aan die webwerf Slate vertel hy het die motor se selfbestuurfunksie aangeskakel nadat hy byna sy bewussyn verloor het as gevolg van die pyn.

Neally was op pad na Springfield toe die pyn deur sy lyf geskiet het.

ʼn Pulmonale embolisme of bloedklont in die long is een van die oorsake van skielike dood. Die bloedklont word dikwels gevorm in die are van die kuit of die bekken en word gekenmerk deur ʼn steekpyn.

Joshua Neally (Foto: BBC)

Joshua Neally (Foto: BBC)

Neally sê sy Tesla het bykans 32 km met die selfbestuurfunksie gery tot hy voor die hospitaal se ongevalle-afdeling stilgehou het.

Hy het vandaar die motor self parkeer en na ongevalle gehaas.

Tesla se selfbestuurfunksie, wat outomaties van baan verander en op verkeer reageer, is onder die loep nadat van dié motors onlangs in twee ongelukke betrokke was.

ʼn Man van Florida is dood toe sy Tesla versuim het om ʼn vragmotor in die pad op te merk en ʼn botsing tot gevolg gehad het.

ʼn Ander bestuurder van Montana is ongedeerd nadat sy motor skielik uit die pad geswenk en in houtversperrings ingery het.

Neally sê egter hy is oortuig dat dié funksie lewens kan red. “Ek is baie dankbaar dat ek in staat was om dit te kon doen. In ʼn geval waar iemand bewusteloos raak kan die selfbestuurfunksie lewens red,” het hy gesê.

Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tjaart ·

Mmmm. Ek dink meer mense gaan in motorongelukke dood omdat hulle self bestuur…

Oink ·

Die kar het hom eers lykshuis toe gevat en hy moes die kar vloek tot dit hom hospitaal toe vat.

Henk ·

In SA salk hulle dalk ook jou mediese fonds inligting moet inprogrammeer sodat hy jou na die regte hospitaal toe vat

Ryan ·

Ek het ‘n steek pyn in die maag gekry toe ek my vriend se P85D gery het. Daai ding is blits vinnig. Jammer ons kry nie teslas hier nie. Ons moet eers ‘n land word wat konstant elektrisiteit kan voorsien. Bly om te hoor die man is ok.

Wat-ek-lees ·

En die grootbaas is Elon Musk gebore in Pretoria en oudskolier van Pretoria Boys High.
Gaan kyk gerus na sy stories op internet.

jaco ·

neem jy hom kwalik? ek verpes ook hierdie land wat my sleg behandel en nie my vaardighede wil benut nie NET omdat my velkleur wit is. wag totdat jy werkloos by die huis sit en die een werksaansoek na die ander en die een werksonderhoud na die ander is onsuksesvol NET omdat jy blykbaar die verkeerde velkleur het

fluiter ·

Wonder of hulle jou kan toesluit as Jy gepluk is agter die wiel en die motor bestuur self

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.