Tien topwenke vir veilige vakansieritte

Wolke_pad_be…t_Dykema.JPG

Gebruik dié wenke om veilig te wees op die paaie in vakansietyd. Foto: Reint Dykema

Vakansietye gaan dikwels gepaard met ʼn hoë aantal padongelukke, sê ER24-woordvoerder Pieter Rossouw. Daar is egter nuttige wenke wat bestuurders in gedagte kan hou wanneer hulle die langpad aandurf. Volg dié tien wenke of luister na die podsending om te weet wat om te vermy op die langpad en wat om in gedagte te hou voordat jy met vakansie gaan.

  1. Verseker dat jou motor padwaardig is.
  1. Moenie te vinnig ry nie.
  1. Wees bedag op ander padgebruikers.
  1. Moenie dronk bestuur nie.
  1. Hou jou aandag heeltyd op die pad.
  1. Hou ʼn veilige volgafstand.
  1. Moenie aggressief raak nie.
  1. Gehoorsaam stoptekens en rooi verkeersligte – stop betyds.
  1. Moenie jou selfoon gebruik terwyl jy bestuur nie.
  1. Maak seker al die passasiers in jou motor is vasgegordel.

ER24 kan daagliks 24uur geskakel word by 084 407 3724 vir noodgevalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Paul

Een van die heel belangrikstes wat hierby behoort te wees is: Moenie verbysteek (selfs al gee die motor wat voor ry pad na die geel streep) wanneer jy nie 100% duidelik kan sien wat aankom van voor af nie. Ja, nege uit die tien keer wat jy teen ‘n blinde hoogte of rondom ‘n draai na links verbysteek kom daar niks van voor af nie en jy is OK. Tot die een keer wat daar wel iets van voor af kom… Ook wel, anders as wat baie mense blykbaar glo, is dit heeltemal wettig (en ‘n goeie idee) om vir… Lees meer »