Tien topwenke vir veilige vakansieritte


Wolke_pad_be…t_Dykema.JPG

Gebruik dié wenke om veilig te wees op die paaie in vakansietyd. Foto: Reint Dykema

Vakansietye gaan dikwels gepaard met ʼn hoë aantal padongelukke, sê ER24-woordvoerder Pieter Rossouw. Daar is egter nuttige wenke wat bestuurders in gedagte kan hou wanneer hulle die langpad aandurf. Volg dié tien wenke of luister na die podsending om te weet wat om te vermy op die langpad en wat om in gedagte te hou voordat jy met vakansie gaan.

  1. Verseker dat jou motor padwaardig is.
  2. Moenie te vinnig ry nie.
  3. Wees bedag op ander padgebruikers.
  4. Moenie dronk bestuur nie.
  5. Hou jou aandag heeltyd op die pad.
  6. Hou ʼn veilige volgafstand.
  7. Moenie aggressief raak nie.
  8. Gehoorsaam stoptekens en rooi verkeersligte – stop betyds.
  9. Moenie jou selfoon gebruik terwyl jy bestuur nie.
  10. Maak seker al die passasiers in jou motor is vasgegordel.

ER24 kan daagliks 24uur geskakel word by 084 407 3724 vir noodgevalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul ·

Een van die heel belangrikstes wat hierby behoort te wees is: Moenie verbysteek (selfs al gee die motor wat voor ry pad na die geel streep) wanneer jy nie 100% duidelik kan sien wat aankom van voor af nie.
Ja, nege uit die tien keer wat jy teen ‘n blinde hoogte of rondom ‘n draai na links verbysteek kom daar niks van voor af nie en jy is OK. Tot die een keer wat daar wel iets van voor af kom…

Ook wel, anders as wat baie mense blykbaar glo, is dit heeltemal wettig (en ‘n goeie idee) om vir vinniger verkeer pad te gee na die skouer van die pad (geel streep). Volgens die regulasies tot die Nasionale Padverkeerswet (subregulasie 298A(2)) mag ‘n voertuig op die skouer van die pad bestuur word in daglig (tussen sonop en sononder) om spasie te maak vir vinniger verkeer wat wil verbysteek, mits daar duidelike sigbaarheid is.

Dit help niemand om hardkoppig teen presies 120km/h op jou speedometer te ry en te weier dat enigiemand verbysteek nie. Eerstens omdat 120km/h op meeste karre se speedometers eintlik slegs ‘n werklike spoed van so 110km/h tot 115km/h is, en tweedens omdat dit jouself ook in gevaar stel om ‘n gefrustreerde ou wat eintlik 150km/h wil ry, op jou kar se stert te hê.

SkarrelKind ·

Paul – ek dink jou kommentaar was akkuraat en van pas en ek stem saam met die 120km/h ding. Gaan kant toe as jy kan, jy is nie verantwoordelik vir die ou wat 140km/h wil ry nie. Laat hy verby gaan. Dit verhoed frustrasie.

Peet Schabort ·

Ek stem volkome saam met jou Paul. Ek glo wat jy ook bedoel met ‘duidelike’ sigbaarheid is om dit nie te doen waar daar twyfel bestaan oor die toestand van die pad se skouer. Wat ‘n wesenlike gevaar is is dat die een wat verbykom jou nie ‘n kans gaan gun om terug te beweeg wanneer daar iets onverhoeds opduik op die skouer van die pad want dis hoe hulle ry. Hiermee bedoel ek waar mens letterlik in ‘n tonnel ry met hoë gras/struike tot teenaan die padskouer en ‘n dier onverhoeds daar uitbeweeg. ‘n Ander gevaar is ook afvalstukke soos boute, spykers en houte wat reeds daar op die kant lê en wag vir jou.
‘n Ander gevaar is ook by verkeersligte waar jy BETYDS kan stilhou voor die lig rooi slaan maar die een hier agter jou dink jy gaan oorjaag. Ek sien op ‘Arrive Alive” het daar gister(?) drie voertuie inmekaar vasgery by ‘n kruising. Ek wonder of die voorste voertuig wou stop en die twee agter het dit nie verwag. Ek oorweeg dit om ‘n groot “PASOP EK STOP!” agter op my voertuig aan te bring reeds hieroor. Wees ook maar uiters versigtig wanneer jy regs wil draai en aankomende verkeer alreeds ‘n rooilig het want daar is nogsteeds varke wat oorjaag.
Ook wanneer jy voor in die koor is by die robot en die lig slaan groen KYK eers of die dwarsverkeer totstilstand gaan kom. Dit is by voorgaande waar punt 8. hierbo verontagsaam word.
Bestuur verdedigend ten alle tye want jy weet nie wie op die pad is met ‘n GEKOOPTE bestuurslisensie. Dink dus vir die ander een.
Wees versigtig met swaarvoertuie en plaastrekkers met sleepwaens wat regs wil draai en jou nie sien agter hulle. Veral met ‘n trekker, kyk of daar nie ‘n plaashek sit waar die trekker moontlik kan indraai al is daardie hek nie in alledaagse gebruik.
Natuurlik is dit ook so vandag dat die vark héél agter in die tou voertuie EERSTE wil verbygaan. Kyk dus in jou truspieël vir daardie spesifieke fabrikate wat dit graag doen. Hulle het mos meer reg op die pad as ek jy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.