Toyota belê in Suid-Afrika se toekoms

Andrew Kirby, die uitvoerende hoof van Toyota Suid-Afrika (Foto: Verskaf)

Toyota South Africa Motors het tydens hul eerste State of The Motor Industry-geleentheid hul nuutste besigheidsinsiatief bekendgestel. Die Toyota Empowerment Trust kry R42 miljoen se befondsing om mee te begin.

Dié trust sal in Januarie 2018 in werking tree. Die aanvanklike fokus van die trust sal wees om vaardige, gespesialiseerde outomatiseringtegnici op te lei. Die trust sal nie slegs fokus op werknemers wat in Toyota se diens is nie. Toyota wil help om die motorindustrie in Suid-Afrika te stimuleer deur meer van sy onderdele plaaslik te laat vervaardig by derdepartymaatskappye wat op die been gebring kan word deur die trust.

Op ʼn wêreldwye skaal het Toyota bekendgemaak dat hulle ’n eerstevlak- Olimpiese vennoot is tot en met 2024. Dit sluit die Paralimpiese Spele ook in.

Toyota South Africa Motors se mediumtermyndoelwitte is om hulself in ’n posisie te stel om beter diens in die Afrika-vasteland te kan lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andre C ·

Baie mooi gebaar deur Toyota.
Is dit vir alle Suid-Afrikaners toeganklik ??

zack ·

Beslis nie. Al wat die vir my sê is dat parte duurder en swakker sal wees.
Daar gaan toyota be betroubaarheid.

Rupert Ashford ·

Gaan lees weer die naam “Empowerment Trust” en maak jou eie afleidings.

Ashlee ·

Belegging? Vaderland, dit is net ietsie oor $3 mijoen. Nie juis n belegging,is dit.

zack ·

Stem saam Ashlee. Ford het meer as R30M teruggegee aan Jan Publiek wat Rangers gekoop het en dit in een maand. Geld terug aan die koper sê vir my baie meer.

Koos1 ·

Die kleingeld vir Toyota! Hoe verder die rand val, hoe beter vir hulle om met hulle dollars hier besigheid te doen, en dan so ‘n paar krummels te laat val.

Michael ·

Al weer diskriminasie teen die minderheids huidige benaadeelde groep ek bly maar by my Kuga hoop net hy raak nie aan die brand nie.

Rupert Ashford ·

Is daar ‘n karre tender op die spel iewers? HiACE of Hilux? ;-). En die ouens wat uitgesluit word deur die “trust” is die ouens wat die meeste van hulle bakkies koop.

Eish ·

Wel, n goeie gebaar myns insiens. Minstens vat hul voertuie nie vlam nie en hul kies ook nie die hasepad soos Opel/Chev nie. Ek kry steeds n puik inruil wanneer ek my Hilux vervang.

Zack ·

Toyota kan hierdie geld beter benut het aan navorsing oor hoekom die hiluxe so rol en mense doodmaak. Injectector probleme kan ook uitgesorteer word.

Piet Pompies ·

Die belegging in die tegniese opleiding van mense het ‘n baie goeie uitwerking op die ekonomie omdat die meeste tegniese mense in die vervaardiging sektor werksaam is. Die vervaardiging sektor skep kapitaal en buitelandse valuta. Dit is hierdie geld wat goed is vir ons land.
Uitstekende belegging van Toyota in die toekoms van mense en die toekoms van SA.

Piet Pompies ·

VWSA is tans besig met konstruksie werk by sy fabriek op Uitenhage ter aanloop van die bekenstelling van die nuwe VW Polo in 2018. Weereens ‘n groot belegging in SA vir voertuie vir die SA mark en vir die uitvoer mark wat ook buitelandse kapitaal inbring.

Rupert Ashford ·

Gulde geleentheid vir SA en ander soortgelykes. As die krag aanbly, arbeidsdinge beheer word en kwaliteit goed is, is daar geweldige geleenthede danksy die Parysverdrag. Sterkmanne van die motorbedryf soos Australie is besig om hulle ekonomiee geweldige skade te doen om die klimaatgode ter wille te wees en daardie bedrywe moet alternatiewe heenkome soek.

kollie ·

Hier gebeur iets goed en wat sien ons, ‘n oorvloed negatiwiteit. Ek is so moeg vir hierdie verregse negatiewe siele. Ek wens julle wil julle goed vat en loop. Vat jou goed en trek Ferreira.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.