Toyota en Lexus nou ‘slimmotors’

Toyota het aangekondig dat elke nuwe Toyota en Lexus, vanaf 1 September 2019 met ʼn toestel toegerus sal wees wat vir die gebruiker ʼn reeks nuwe funksies sal bied.

Toyota Suid-Afrika het dié tegnologie in samewerking met Altron en Vodacom Business ontwikkel en is nou die eerste fabrikaat in Suid-Afrika wie se slimfoon app met die vervaardiger en handelaarnetwerk integreer vir verskeie funksies.

Indien ʼn gebruiker besluit om van die toestel gebruik te maak en die app afgelaai en verbind het, sal dit beteken dat die motor WiFi het en passasiers kan daaraan koppel om musiek of speletjies te speel of die internet te gebruik. Die gebruiker sal ook sy of haar motor se battery kan dophou en kennisgewings kry indien daar iets skort.

Die ander funksies is padbystand met die druk van ʼn knoppie, die moontlikheid om ʼn afspraak te skeduleer vir jou motor se diens met onmiddellike beskikbaarheid en bevestiging, jou motor se GPS-ligging wat deurlopend in werklike tyd beskikbaar is, ʼn digitale ritboek wat jou diensrekords insluit en bestuurdergradering.

Toyota word die eerste vervaardiger in die wêreld om dit as standaard op sy hele reeks voertuie te bied. Elke nuwe Toyota en Lexus sal met 15 GB se gratis data kom. Mens kan deur Vodacom Business nóg data aankoop soos benodig.

As mens in ag neem waarheen vervaardigers dink die motorbedryf beweeg, is hierdie tipe tegnologie en verbindingseienskappe baie belangrik. Die motorbedryf skuif in die rigting van gedeelde dienste waar mens nie ʼn motor besit nie, maar eerder een huur vir ʼn tydperk. Jy gebruik dan ʼn app om die voertuig te bestel, oop te sluit, ens.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stof ·

Dit lei die era in waar Toyota eienaars hulle huidige voertuie eerder mooi sal oppas as om verdagte foefies toe te laat om hulle privaatheid en outonomiteit as eienaars van voertuie te bedreig.
Daar is ‘n verskuilde agenda hieragter.

wielie ·

Nou ja toe ,,, wanneer bestuur voertuie hulself? Sal nie omgee om ook fliek te kyk opi langpad nie :))

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.