Toyota neem US Woordfees oor

Karen Zoid tydens een van haar vertonings by die Toyota US Woordfees (Foto: Verskaf)

Toyota was nog altyd sinoniem met sport, kuns en kultuur. So sê Leon Theron, Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) se senior visepresident vir bemarking en verkope.

“Dit maak van ons betrokkenheid by die Woordfees ’n natuurlike verbintenis. Die vennootskap stel Toyota ook in staat om ʼn groter rol in die ontwikkeling en erkenning van kuns en kultuur in die gemeenskap te vervul.”

Theron verduidelik dat die maatskappy boonop 17 Quantum-minibusse vir pendelgangers by die US Woordfees beskikbaar stel. Die bussies is duidelik met “Toyota US Woordfees”-plakkers gemerk en is beskikbaar vir ritte na en van die parkeer-en-ry-gebiede, waaronder die feeskern in Ryneveldstraat, Kochstraat, Hoërskool Stellenbosch en die Van der Stel-sportterrein.

“Ons is ’n maatskappy wat mobiliteitsoplossings bied en dit is dus net gepas om ons vernuf op die gebied van mensebeweging ten toon te stel,” verduidelik Theron.

Die Quantum-minibus is ontwerp met passasiers in gedagte. Ruim sitplekafmetings is bewerkstellig deur die lengte en breedte van die kajuit te vergroot om beter been- en kopruimte te bied.

Passasiers sal ook die handbeheerde hoëverrigting-lugversorgingstelsel waardeer. Dié stelsel beheer die vloei van lug na passasiers wat in die agterste sitplekke sit deur die lugversorgingbeheerder wat op die instrumentpaneel gemonteer is. Luguitlate in die dak help ook om ’n gemaklike ruimte vir alle insittendes te skep.

Die bussies is tot 15 Maart daagliks tussen 07:00 en 23:00 vir feesgangers beskikbaar.

Afgesien van die pendeldiens wat passasiers se feeservaring vergemaklik, word Toyota se Tawwe Tien-musiekkonserte vanjaar die eerste keer aangebied. Dit vind by die Jan Marais-natuurreservaat en Van der Stel-sportterrein plaas. ʼn Kaartjie vir dié konserte bied aan feesgangers die geleentheid om tien vertonings by enige venue te sien. Kunstenaars wat by die vertonings optree, sluit Karen Zoid, Jo Black en Spoegwolf in.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stefan ·

Als loop reg, altyd reg Toyota….was dit nie op n slag hulle advertensie nie?

Scalla ·

Jy is reg met die advertensie Stefan, vroeer jare was n perd gebruik as embleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.