Trump-presidensie dalk slegte nuus vir Tesla en Elon Musk

Elon Musk by die Tesla Model S in Fremont op 1 Oktober 2011

Elon Musk by die Tesla Model S in Fremont op 1 Oktober 2011

Die Republikeinse Party se oorwinning Dinsdag in die Verenigde State van Amerika beteken dalk ʼn opdraande stryd vir Elon Musk en Tesla, die elektriesemotorvervaardiger wat die bedryf wil omkeer.

Kathryn Thomson, ʼn voormalige prokureur vir die Federale Lugvaartadministrasie en die departement van vervoer, het gesê die grootste impak vir Tesla is waarskynlik nuwe Amerikaanse energiebeleide wat tradisionele brandstof soos olie en steenkool sal bevoordeel.

“Enigiemand wat energiedoeltreffende, volhoubare oplossings najaag, behoort bekommerd te wees,” het sy gesê. “Aan die een kant sê [Donald] Trump, ‘kom ons kyk na al die opsies’, en dit is ʼn goeie ding. Aan die ander kant wil dit egter voorkom of hy konvensionele brandstowwe en tegnologie bevorder – en dit is nie goed vir vooruitgang, doeltreffendheid of volhoubaarheid nie.”

Tesla het nie dadelik reageer op ʼn versoek vir kommentaar nie.

Lees die volledige berig op Gadgets 360

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ig ·

Maar Amerika is mos nie die hele Wereld nie,As hy m goeie produk teen n redelike prys verkoop gaan hy nie kan voorbly nie.

Ekwilibrium ·

Ek dink dis sommer net kla om kla se onthalwe. Hoewel Trump persoonlik bietjie van ‘n barbaarse buffel is, is hy hoegenaamd nie ‘n oningeligde populistiese sak wind nie. Hy’s immers ‘n man wat sy eie fortuin gemaak het met baie ysters in die vuur; hy sal mos ‘n goeie, volhoubare ding herken as hy hom sien.

Leendert ·

My geld was op Trump om die verkiesing te wen, wat my egter bekommer het, was sy voorneme om werk te skep dmv olie, steenkool en gas. Dus kom daar probleme ook vir aardverwarming in die verband. juis waar die wêreld weg daarvan wil beweeg.

Koos1 ·

Leenert, ek stem saam met jou, maar is nie oortuig dat die omskakeling nie binne kort (10 – 20 jaar) gaan gebeur nie. Ons as aardebewoners sal nog ‘n hele ruk met verbranding moet saam leef. Ek dink net tans is die tegnologie te duur om dit vir almal beskikbaar en bekostigbaar te maak.

peter ·

Ag jis, die arme Trump het nog nie eens sy sit in die stoel gekry nie, nou word hy veroordeel.Tot eergister het niemand eens gedink hy gaan wen nie. Hy is ‘n briljante sakeman. Gee hom ‘n kans.

John ·

Eintlik is hy nog baie meer konserwatief. Ossewaens sal dalk sy beste opsie wees. Die Ford-ossewa. En hy gaan beslis selfone van die mark haal en ou landlyne weer in ere herstel. Mens kan sommer sien die man is bang vir alles nuuts… Die puttoilet en nagkarre is dalk ook in die pyplyn…

Hendrik ·

Trump glo aardverwarming is ‘n storie wat deur die Chinese opgemaak is. Hy glo ook dat inentings outisme veroorsaak. Hy het reeds onderneem om aan die Parys klimaatsooreenkomste te onttrek. Voor die verkiesing het hy aborsie ondersteun. Voor die verkiesing het hy strenger wapenwetgewing ondersteun. Beide hierdie standpunte het hy verander om meer stemme te verwerf. Die man is sonder beginsels, maar slu soos die houtjie van die galg. Na ses bankrotskappe en jare se geen belasting betaal, word hy president!?!

Elon Musk sal ‘n manier vind. Hou maar dop. Dit sal miskien ‘n bietjie langer neem, maar investering in skoon energie sal oor die langtermyn betaal.

ToffieProffie ·

Elon Musk se probleem is nie Donald Trump nie. As jy wil weet wat hom gaan kelder kyk na Tesla se finansiele resultate die laaste drie jaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.