‘Ultimate Braai Master’-wenners aangewys

Chanel Marais en Nick Perfect (Foto: Verskaf)

Die wenners van die vyfde seisoen van die TV-reeks The Ultimate Braai Master is die meesterbraaiers Chanel Marais en Nick Perfect.

Dié wenners het nege ander spanne uitgestof en is Woensdag aangewys as Suid-Afrika se bobaas braaimeesters. Hulle ontvang pryse ter waarde van R1 miljoen, onder meer ʼn Suzuki Grand Vitara.

Die braaipaar beplan om ʼn koswa te bou en dié Suzuki is die ideale voertuig om die wa mee te sleep. Dié wa gaan spesialiseer in verskeie gerookte lekkernye.

Die Suzuki Grand Vitara is beskikbaar teen ’n intree-prys van R369 900 en dit is steeds een van Suid-Afrika se bekostigbaarste veldry-voertuie wat toegerus is met ’n laestrek-ratkas en leerraam-tipe onderstel. Die luukser Grand Vitara Summit, wat aan Team Salty Flames oorhandig is, is boonop toegerus met luukses soos sleutellose toegang, spoedbeheer en opdraende-wegtrekhulp. Die voertuig het ook ’n diensplan van ses jaar / 90 000 km.

Heruitsendings van die gewilde kookprogram gaan op Travel Channel uitgesaai word. Die vervaardigers van The Ultimate Braai Master se oogmerk met die program was onder meer om die ongerepte natuurskoon van ons land met die kykers te deel. Die Suzuki Grand Vitara het dit moontlik gemaak.

Lees oor dié voertuig op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.