Van 2025 slegs elektriese karre vir Nederlanders

Chev Bolt (eers teen laat 2016 beskikbaar) Foto: chevrolet.com

Chevy Bolt (eers teen laat 2016 beskikbaar) Foto: chevrolet.com

Nederland se parlement se Tweede Kamer het besluit dat slegs elektriese motors vanaf 2025 in dié land as nuwe voertuie verkoop mag word, maar die besluit se uitvoerbaarheid is wyd deur kritici bevraagteken.

’n Kenner van skoon energie, Vincent Dekker, voer aan in ʼn artikel in Trouw dat dié punt eerder gouer as later haalbaar sal wees. Dekker skryf dit toe aan die bekendstelling van die Tesla Model 3 deur die Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur, Elon Musk.

Hoewel die Tesla eers teen 2017 vrylik beskikbaar sal wees, is daar in die eerste week na die bekendstelling reeds 325 000 van dié motors bestel.

Om alles te kroon het General Motors sy Chevy Bolt bekend gestel. Die Bolt sal reeds teen die einde van die jaar op die pad wees. Beide ding, wat prys betref, goed met soortgelyke motors mee wat deur koolstofbrandstowwe aangedryf word, en beide het ’n radius-reikafstand van sowat 300 kilometer.

Indië het intussen aangekondig dat dié land teen 2030 slegs elektriese motors wil verkoop. Ook Noorweë het al aangedui dat dit soortgelyke planne in die mou voer, maar daar is nog nie begin om wetgewing hiervoor op te stel nie.

Intussen berig Z24 dat die opkoms in die vraag na elektriese motors die oliebedryf in ’n krisis kan dompel. Volgens ’n ontleding van Bloomberg New Energy Finance (BNEF) sal die huidige tempo waarteen die vraag na elektriese motors styg, teen 2023 tot ’n afname in aanvraag van 2 miljoen vate ru-olie per dag lei. ’n Soortgelyke oorproduksie het tot die huidige krisis in die oliebedryf aanleiding gegee.

Lees meer: Trouw, Z24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Persoonlik voel ek nie baie vir die krisis wat die gebruik van elektriese voertuig in die olie bedryf kan veroorssaak nie. Regering sal natuurlik ook baie verloor in inkomste op brandstofheffings en sal dus op ‘n ander manier belastings moet hef vir instandhouding van paaie. Heffing sal natuurlik op die e-tol manier geskied, maar hopenlik op ‘n minder skelm manier om nie individue te verryk nie. Volgens my sal brandstowwe net nodig wees vir werkende enjins (konstruksie, landbou, vervoer , skeepvaart, lugvaart.. ens.) . Die Rand/Dollar/Euro moet stabiliseer om hierdie voertuie in te voer in S.A of ons moet ons eie elektriese voertuig industrie om die wisselkoers te omseil. Baie belangrik dat die elektriese motor industrie spontaan moet ontwikkel deur initiatiewe vanaf die regering SONDER die BEE skep.

B ·

Wel….dan skied steenkool pryse weer in die hoogte in vir meer krag gebruik..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.