Veldren vir mediese geriewe op Stella

Foto: Jonathan Webster deur ActionInMotion.

Foto: Jonathan Webster deur ActionInMotion.

Die Bush to bush Challenge in Stella, ’n dorp in die Noordwes provinsie, is ʼn nasionale veldrenkampioenskap wat bygewoon word deur baie mense van regoor die land. Hierdie veldren les die dors van adrenalienverslaafdes en dien ook as ʼn fondsinsameling vir ʼn mediese gerief in dié dorp.

“Ons het nie meer ʼn hospitaal hier op Stella nie,” het die voorsitter van die Stellafees, Daan Diedericks, gesê. “Die geld wat ons hier maak, wil ons graag gebruik om iets soos ʼn hospitaalkamer in te rig.”

Dié naweek se ren is een van sewe wedrenne wat deur Dirt Racing aangebied word. Motorsport Suid-Afrika (MSA ) is die moedermaatskappy wat seker maak dat veiligheid ʼn prioriteit is by elke ren. Die ren is net vir motor- en vierwielmotorfietse en deelnemers kan inskryf vir ʼn daglisensie by MSA as jy nie tot ʼn klub behoort nie. Deelnemers kan hier ook punte opbou om te kwalifiseer vir die Dakar wedren. “Die vorige jaar het Brian Baragwanath en Kenny Gilbert hier gekwalifiseer,” het Diedericks gesê.

Daar is ook ʼn kategorieë vir laer- en hoërskoolkinders. Dié roete is 20km lank en word drie keer gery. Die roete begin op Lonely Hill (so genoem omdat dit die enigste koppie in Stella is) en gaan ook verby ʼn soutpan en ‘n kaktustuin wat bestaan uit ‘n groot land vol turksvye en kaktusse. Jong deelnemers moet ook verby ʼn leeuplaas ry om die eindpunt te bereik.

Die veldren vind hierdie Saterdag (6 Junie) om 08:00 plaas. Jaers kan reeds vandag van 12:00 tot 17:00 inskryf. Vir verdere inligting, besoek gerus Dirt Racing se webblad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.