Veldry: Leer die fyner kunsies

(Foto: Driving Dynamics)

Naweke word daar om braaivleisvure gesels oor hoe verskeie pelle met hul tweewielaangedrewe bakkies bo-oor Kilimandjaro kan ry, want hulle bakkies het ʼn ewenaarslot. Wel, kom ek sê so vir julle, party voertuie maak dit maklik en met party ander moet ʼn mens ʼn bietjie dink…. As jy nietemin graag wil leer hoe om in die veld te kerjakker met die voertuig wat jy besit, lees voort.

Maroela Media was onlangs genooi om saam met Grant McCleery van Driving Dynamics by Gerotek buite Pretoria ʼn bietjie in die veld te gaan speel. Grant het ʼn reuse-geskiedenis in die motorbedryf. Onthou jy die vinnige Opel Kadett van die laat 1980’s en die vroeë 90’s op ons renbane? Einste. Grant was die bestuurder van die Opel Kadett in die Continental-televisieadvertensie waar die motor op die dak van ʼn gebou jaag. Ek onthou daai advertensie nou nog, amper 30 jaar later.

Driving Dynamics en Isuzu stap al ʼn lang pad saam. Grant was betrokke by die reusagtige Operasie Rachel in Mosambiek waarin Isuzu gehelp het om derduisende tonne AK47’s te verwyder en te vernietig. In dié tyd het Grant en Isuzu baie geleer waartoe dié voertuie in staat is en hoe om die Isuzu-bakkies te verbeter. Isuzu is een van die min vervaardigers wat spesifiek vir die Suid-Afrikaanse mark hulle bakkies aanpas en taaier maak.

Die Driving Dynamics 4×4-kursus word by Gerotek aangebied. Outomatiese Isuzu-bakkies word gebruik vir die kursus. Daar is verskeie een of twee dag kursusse beskikbaar. Die kursus behels ʼn goeie verskeidenheid teorie asook die praktiese aspekte van veldry. Grant bespreek ook verskeie vorms van tegnologie, hoe dit werk en wat die regte en verkeerde manier is om dié tegnologie te gebruik in verskillende hindernisse.

Op die mediadag is ons van Gerotek na Hennops 4×4 waar ons ʼn paar hindernisse aangedurf het. Wat ek geniet het van Driving Dynamics se metodes is die uitklim, gesels, kyk hoe hulle dit demonstreer en dan elkeen self die hindernis deur werk. Indien jy jou 4×4 beter wil benut en leer hoe om verskillende hindernisse op die regte manier te benader sonder om jou voertuig te beskadig, kyk gerus na die kursus. Jy sal nie spyt wees nie.

Besoek Driving Dynamics vir datums en om te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cornel van der Westhuizen ·

Bly maar die beste betroubaarbaarste bakkie wat jy kry en dit nie sal weet as jy dit nog nie ervaar het nie.

Johan ·

Ek 4X4 self dikwels en glo dat ELKE 4×4 eienaar so ‘n 4×4 kursus moet doen. Dit is soms skokkend as ek sien watse dom foute viertrek-eienaars dikwels maak – veral as dit by herwinnings (recovery’s) kom.

Ek het al gesien hoe ‘n ou sy 4X4 bakkie rol weens ‘n fout wat voorkom sou gewees het indien hy veld-ry opleiding gehad het!

Jan ·

Net daai diesel enjin se tjor tjor tjor tjor van die Isuzu’s sit my heeltemal af, meer as die ander s’n, baie meer. Maar nouja, as jy hierdie goed wil ry, is diesel enjin geraas seker die minste. Juis waar mens in die natuur in die wildparke die stilte wil geniet, die diere se geluide wil hoor, die voëls, en daar kom hou ‘n Isuzu bakkie naby jou stil, en die bestuurder skakel nie die enjin af nie, tjor tjor tjor tjor.

Familie ·

Dan is daar ook Roger McCleery, die motorjoernalis. Seker familie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.