[Video] BMW se M-fees ʼn paradys vir motor-entoesiaste

BMW se M-fees (Foto: BMW)

BMW hou dié naweek sy heel eerste M-fees in Suid-Afrika by die Kyalami Grand Prix-renbaan in Gauteng.

Suid-Afrika is die derde grootste M-land ter wêreld. Die huidige rekord vir die grootste M-fees is in Japan, met 6 000 besoekers. In Suid-Afrika is daar reeds 10 000 kaartjies verkoop vir môre en Sondag se fees.

Maroela Media het vandeesweek ʼn voorsmakie gekry van wat die publiek kan verwag. Die publiek kan onder meer uitsien na rondtes om die baan of as passasier saam met BMW-instrukteurs vir professionele rondtes.

Die voertuie wat die dag op die renbaan gaan wees is:

  • M140i
  • M240i
  • M3
  • M4
  • M4 CS
  • M4 DTM Championship Edition
  • M6
  • X5M
  • X6M
  • M760 Li

Daar is talle ander voertuie wat uitgestal word, soos die nuwe BMW M5 wat eers volgende jaar bekendgestel word, en die X3 wat in 2018 in Suid-Afrika vervaardig sal word. BMW Suid-Afrika se 333i en M1 is ook op die fees te siene.

Vir meer inligting besoek die BMW M-fees-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.