Video: Kamp jy gereeld met jou karavaan?

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Ek sleep al so 18 maande lank ʼn karavaan. My eerste wa, ʼn 1992 Sprite Sprint het soos ʼn swanger dame agter my motor gewaggel. Ek het hom elke keer anders gepak en hier teen die sesde probeerslag en ʼn stabiliseerder later, het ek hom uiteindelik tot rus gekry agter my sleepvoertuig.

Ek sleep nou ʼn 1992 Sprite SuperSport, steeds met my Yellowblade-stabiliseerder en ek moet bieg dat die langer, swaarder en groter SuperSport baie rustiger is agter die voertuig. Karavaan-entoesiaste verskil oor die manier waarop hulle hul karavaan gepak wil hê – maar dié video wys mooi wat gebeur as jy net ʼn klein bietjie van die gewig rondskuif.

Pak mooi en sleep veilig!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jaques ·

100% korrek, MAAR wees ook versigtig om nie die voorkant van jou karavaan te oorlaai nie.

My pa vat nogsteeds sy badkamer skaal, wat hy voor in die karavaan hou, en weeg die haak gedeelte voor hy die karavaan aan sy voertuig haak.

Die gewig kan verskil van sleeptuig tot sleeptuig, so beste sal wees om uit te bevestig wat jou sleeptuig en voertuig se spesifikasies is.

Kapenaar ·

Daar is net een manier, tussen 75 – 100Kg op die haak, en eweredig van jou as, vorentoe en agtertoe. geen swaai, en indien jy moet uitswaai vir iets is jou gewig gekonsentreerd op jou as gedeelte van die karavaan.

Beskrywend ·

Wat ‘n beskrywende woord is ‘woonwa’ teenoor ‘karavaan’.

thelsa ·

As jy spoed ook nog by die sleep van ‘n woonwa inkorporeer, het jy ‘n ideale resep vir chaos. Die manne met vermenigvuldig somme op die voertuig dink mos 140km/u is aanvaarbaar. Sterkte !!

Andre ·

Dit is ook belangrik om die swaarste goed naby die as te sit en die ligter goed voor een agter.

A Cloete ·

Sleep al dieselfde karavaan, n caravette vanaf 1985. Twee stelle bande al glad. sleep met n Tando, op verskeie voetuie, vanaf n Ford Escort 1.6 sport tot nou met n 3.2 Ranger. nog nooit probleme met swaai gehad. Selfs met die kragtige Ford is my sleepspoed nog steeds onder 100

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.