Video: Maroela Media ry saam met Giniel de Villiers

As ʼn mens die Dakar-tydren dophou en wonder hoe die manne dit regkry om daardie duisende kilometer in die woude, oor berge en duine te jaag, hoef ʼn mens net ʼn kort draaitjie saam met Giniel de Villiers te ry in sy Dakar-tydren Hilux op die soutpanne naby die Kalahari.

Toyota Gazoo Racing werk reg deur die jaar al hard aan voorbereiding vir die 2019 Dakar-tydren, en sal van 4 Oktober deelneem aan die Marokko-tydren. Daar is drie Hilux-bakkies wat deelneem ter voorbereiding vir die denkbeeldige Dakar-wen.

Giniel de Villiers. Foto: Verskaf

De Villiers sal saam met die Fransman Alex Winocq ry, Bernhard ten Brinke van Nederland sal saam met Xavier Panseri van Frankryk ry en Nasser Al-Attiyah van Katar saam met Mathieu Baumel van Frankryk.

Dié Hilux het al baie ontwikkeling ondergaan tydens die South African Cross Country Championship in die hande van De Villiers en Henk Lategan maar dit sal die eerste keer wees wat Nasser Al-Attiyah en Ten Brinke die kar kan toets.

Die Marokko-tydren strek oor 2 051 km en duur van 4 tot 9 Oktober. Hou SuperSport dop vir skedules van die Marokko-tydren.

De Villiers het in 2009 die Dakar-tydren gewen. Ons hou duim vas dat hy die trofee weer huis toe bring saam met Toyota Gazoo Racing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vinnig ·

Ek ry nie eers so vinnig op die snelweg nie, wat staan nou nog op ʼn grondpad. Die mense mag maar.

Andre ·

Hilux steeds te swaar en te stadig. Lyk darm lekker!!!!!
Sterkte Geniel en span!

Hoc est bellum ·

Is daar olie in daai ratkas? My pa het so ratkas ‘n ‘crash box’ genoem. Sal wat wil gee om een keer saam te ry. Kan net lekker wees. Hoog tyd dat Giniel weer slag Dakar wen. Respek, respek, respek!

Chris Ws ·

Absoluut ongelooflike video!Ek wens ek kon een rondte saam met Geniel ry – met oorbeskermers aan dankie!.Die’ man KEN van!Hoop die Morokko tydren wys enige tekortkominge gou uit sodat hulle 100% reg sal wees vir die Dakar en die titel SA toe sal bring!Voorspoed vir beide tydrenne Geniel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.