[Video] Ongekende belangstelling in nuwe Tesla

Tesla Model 3 Foto: TechCrunch

Tesla Model 3 Foto: TechCrunch

Meer as 115 000 mense het vandeesweek tougestaan buite handelaars om ʼn deposito van $1 000 te betaal vir ʼn motor wat hulle nog nie gesien het nie.

Elon Musk se nuwe Tesla Model 3 is eers Donderdagaand in Kalifornië bekendgestel en word eers laat in 2017 aan die duisende klante, wat vroeë bestelllings geplaas het, verskeep.

Volgens Tesla sal dié nuwe motor meer as 340 km op ʼn enkele lading kan aflê. Die basisprys beloop $35 000 (ongeveer R515 000), maar dié prys kan aansienlik toeneem indien jy ekstras bestel.

Lees meer oor die nuwe Tesla: Wired, Guardian, TechCrunch

Die bekendstelling:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hendrik

Ek sal ook nie omgee om ‘n Tesla te koop vir R35000.00. R515000 is ‘n bietjies te veel. Jammer die R/$ is nie 1:1 of 0.5:1 soos in die begin 70’s nie.

Pietertjie

Ek kan nie wag dat die motor (of iets soortgelyk) in Suid Afrika beskikbaar gestel word nie: ek is reeds ten volle onafhanklik van Eskom, grotendeels al van die stadsraad se vuil water, nou nog net die petroleum-diewe. My krag-stelsel maak reeds voorsiening om ‘n motor soos die Tesla te kan herlaai.

Dubbele belasting verhoed my tans om ‘n enkel-motor in te voer.

Tiger

Ek en my man voel elektiese motors is net nie die antwoord nie want jy sit met batterye wat daagliks herlaai moet word (tensy bitter min ry) en dan ook ‘n beperkte lewe het en hulle is peperduur om te vervang.Meeste mense sal afhanklik wees van eskom se swak krag voorsiening om die herlaai werk te doen en dis net nog ‘n negatiewe faktor.Eskom gaan NIE hul voorsiening verbeter kry nie al se hulle wat.Daar is net te veel swart nedersettings wat wag op elektrisieteit. Die antwoord le in ”fuel cell” tegnologie glo ons .’n Goeie voorbeelt is die Honda… Lees meer »

Tiger

In Suid Afrika sal elektriese motorskarretjies net nie werk nie.Meeste mense wat een koop sal van eskom se onbetroubare kragvoorsiening moet gebruik maak om die batterye te herlaai.Dan neem dit op sy beste tot 8 ure om die herlaai werk te voltooi.Dis te lank.Die reik afstand met ‘n vol battery is pateties.Ry nou van Johannesburg na Durban met so motor.Jy het 3 dae en 2 nagte nodig want jy sal die batterye 2 maal op pad moet herlaai.Heeltemal on prakties. Kyk op Honda se webwerf wat hul berig oor die Honda FCX Clarity brandstof sel elektriese motor.DIT is die toekoms… Lees meer »

Elfie

Tiger ek hoor jou, maar 340km per enkel lading is damn goed!