[Video] Ongekende belangstelling in nuwe Tesla

Tesla Model 3 Foto: TechCrunch

Tesla Model 3 Foto: TechCrunch

Meer as 115 000 mense het vandeesweek tougestaan buite handelaars om ʼn deposito van $1 000 te betaal vir ʼn motor wat hulle nog nie gesien het nie.

Elon Musk se nuwe Tesla Model 3 is eers Donderdagaand in Kalifornië bekendgestel en word eers laat in 2017 aan die duisende klante, wat vroeë bestelllings geplaas het, verskeep.

Volgens Tesla sal dié nuwe motor meer as 340 km op ʼn enkele lading kan aflê. Die basisprys beloop $35 000 (ongeveer R515 000), maar dié prys kan aansienlik toeneem indien jy ekstras bestel.

Lees meer oor die nuwe Tesla: Wired, Guardian, TechCrunch

Die bekendstelling:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hendrik ·

Ek sal ook nie omgee om ‘n Tesla te koop vir R35000.00. R515000 is ‘n bietjies te veel. Jammer die R/$ is nie 1:1 of 0.5:1 soos in die begin 70’s nie.

Pietertjie ·

Ek kan nie wag dat die motor (of iets soortgelyk) in Suid Afrika beskikbaar gestel word nie: ek is reeds ten volle onafhanklik van Eskom, grotendeels al van die stadsraad se vuil water, nou nog net die petroleum-diewe. My krag-stelsel maak reeds voorsiening om ‘n motor soos die Tesla te kan herlaai.

Dubbele belasting verhoed my tans om ‘n enkel-motor in te voer.

Tiger ·

Ek en my man voel elektiese motors is net nie die antwoord nie want jy sit met batterye wat daagliks herlaai moet word (tensy bitter min ry) en dan ook ‘n beperkte lewe het en hulle is peperduur om te vervang.Meeste mense sal afhanklik wees van eskom se swak krag voorsiening om die herlaai werk te doen en dis net nog ‘n negatiewe faktor.Eskom gaan NIE hul voorsiening verbeter kry nie al se hulle wat.Daar is net te veel swart nedersettings wat wag op elektrisieteit.
Die antwoord le in ”fuel cell” tegnologie glo ons .’n Goeie voorbeelt is die Honda Clarity FCX wat reeds in Kalifornie in Noord Amerika bemark word.Hy kos ook heelwat minder as die Tesla en Chevvy.Sy reik afstand op ‘n tenk waterstof gas is ook heelwat beter (500km+ -)Als oor die voertuig word behandel op Honda se webwerf.Hy word ook aangedryf deur ‘n elektriese motor en het geen uitlaatgasse nie .Die “afval” produk is suiwer water!
Nee wat ons stel niks belang in ‘n swaar belaaide battery krag motor nie.Vir slegs stadsgebruik kan hy werk maar nie as jy van Johannesburg Durban toe wil ry nie.

Paul ·

Die FCX Clarity, hoewel dit ‘n interessante demonstrasie was, was in uiters klein volumes beskikbaar gestel – daar was slegs iewers tussen 50 en 150 van die voertuie beskikbaar (om te huur, nie om te koop nie) en dis sedert 2014 glad nie meer beskikbaar nie. Honda het toe in 2014 gesê hulle gaan dit met ‘n ander waterstofkar vervang, maar daar het nog niks van gekom nie.

Tiger ·

In Suid Afrika sal elektriese motorskarretjies net nie werk nie.Meeste mense wat een koop sal van eskom se onbetroubare kragvoorsiening moet gebruik maak om die batterye te herlaai.Dan neem dit op sy beste tot 8 ure om die herlaai werk te voltooi.Dis te lank.Die reik afstand met ‘n vol battery is pateties.Ry nou van Johannesburg na Durban met so motor.Jy het 3 dae en 2 nagte nodig want jy sal die batterye 2 maal op pad moet herlaai.Heeltemal on prakties.
Kyk op Honda se webwerf wat hul berig oor die Honda FCX Clarity brandstof sel elektriese motor.DIT is die toekoms vir Suid Afrika en nie battery aangedrewe elektriese motors nie.En sy newe produk is net suiwer water.Sy reik afstand per tenk waterstof is ook baie beter.Waterstofgas is ook baie goedkoper as brandstof of elektrisieteit.

Elfie ·

Tiger ek hoor jou, maar 340km per enkel lading is damn goed!

John ·

Wel ons sal maar hoes die kant. Ons voer maar net Toyotas na Australie toe teen helfde van die prys wat ons hier moet betaal.

Johan 2 ·

Nissan leaf werk goed. 20c per km, jy kan hom in 30min by n spoed laaier laai. Battery behoord na 5 jaar nog 80% kapasiteit te hê en jy kan die slegte modules uitrek en ruil. Ek het hom vergeluk met n kar war 12km/l kry en wat jy 100km per dag ry. dan betaal hy homself af in 5 jaar net op die verslkil op brandstof (en hy is nog vêr van nutteloos). Hy kan 240km ry so jy kan maklik elke wde aand laai en in n krisis by nissan ( verniet gaan “spoedlaai”). Jy gaan hom net (nognie) langpad vat in SA nie. So los die nonsens, kom uit onder die brandstof belasting en ondersteun Elektries.

EMK ·

Blykbaar het Elon ORAL stasies opgerig waar batterye gratis gelaai kan word – so geen gesukkel. Kyk in baie gevalle is die Amerikaners ons darem ver voor – geld help natuurlik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.