[Video] Porsche is wéér die baan se baas

Porsche is wéér die baan se baas (Foto: Porsche)

Die Porsche 911 GT2 RS is die vinnigste sportmotor om ʼn rondte van die wêreldberoemde Nurburgring Nordschleife te voltooi. Dié tyd van 6 minute 47.3 sekondes is Woensdag behaal.

Porsche het vir homself ʼn doelwit van 7 minute 5 sekondes gestel toe hy aan die GT2 RS begin ontwikkel het, sê Frank-Steffel Walliser, adjunkpresident van motorsport en GT motors by Porsche. Te danke aan spanwerk, die ingenieurs, werktuigkundiges en bestuurders is dié doelwit met 17.7 sekondes geklop.

Dit is nou amptelik. Die 911 GT2 RS is die sterkste en vinnigste 911 ooit. Die Duitser, Lars Kern, en Brit, Nick Tandy, het elkeen vyf rondtes onder 6 minute 50 sekondes gedoen in twee verskillende motors. Andreas Preuninger, direkteur van die GT-modelreeks, voel dit is nie net die rekord nie, maar eerder die vyf rondtes wat die 911 se staal wys. Hy is beïndruk dat twee voertuie, en twee renjaers, sulke tye kan behaal, keer op keer.

Die rekordrondte is 19:11 behaal in ideale toestande. Die rekord is gemeet op die 20.6 km lange Nordschleife. Die gemiddelde spoed om die baanrondte is 184.11 km/h.

Die sterkste, vinnigste 911 is in Junie vanjaar bekendgestel by die Festival of Speed in Goodwood, VK. Die hart van die GT2 RS is ʼn 515 kW, 750 Nm sessilinder-bokserenjin met twee turboaanjaers. Die GT2 RS weeg 1 470 kg met ʼn vol tenk brandstof. Let wel, 0 tot 100 km/h neem slegs 2.8 sekondes en hy kan ʼn topspoed van 340 km/h behaal.

Porsche is wéér die baan se baas (Foto: Porsche)

Porsche is wéér die baan se baas (Foto: Porsche)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.