Video: Range Rover Sport die meester!

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Hier in sonnige Suid-Afrika weet ons baie min van in die sneeu ski. In Europa is die Alpe vrot van die ski-oorde. ʼn Legendariese afdraande skihelling in Mürren, Switserland, met die naam van Inferno was onlangs die tuiste van ʼn asemrowende uitdaging.

Kon Top Gear se “ou” Stig, Ben Collins, en die Ranger Rover Sport V8 Supercharged die 14,9 km-baan baasraak? Net so, in ʼn skokkende tyd van 21 min 36 sek, teen snelhede tot 155 km per uur, teen ʼn helling van 75 grade plek-plek. Sjoe!

Die Range Rover Sport was toegerus met ʼn rol-raam en ʼn renstoel vir Ben. Kyk gerus die video!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Disselboom ·

Merkwaardige vertoning van menslike vernuf en tegnologie.

Waghond ·

Dankie, maar nee dankie! RR Sport wat 6 jr gelede bykans R1m gekos het, het 66% van sy waarde verloor. Gedurende hierdie tydperk was voertuig gemiddeld 3 keer per jaar in vir herstelwerk waarvan die laaste sowat mnde gelede met ‘n dubbele turbo “failure” wat meer as R100 000 gekos het om te herstel. Hou in gedagte dat RR nog nooit eers grondpad gery het nie en die verste ritte was Sun City toe!

Willie ·

Indrukwekkend!

Tog sê die Aussies as jy die Outback wil besoek, gebruik ‘n Land Rover. As jy ook wil terugkom, gebruik liewer ‘n Land Cruiser.

Gatiep ·

RR Sport die “meester”? Meester van wat? Onderhoudskoste? Meester van gebreekte lugsakke(suspensie)? Meester van geld verkwisting?

Ek het meer Range Rover Sports gery/verkoop as enige mens in SA (ek werk oorsee)
Hulle het hulle goeie punte (weelde,styl,krag) maar ek sal absoluut NOOIT een wil he nie…want hulle BREEK TE VEEL! EN hulle is waardeloos na n paar jaar , nes Mercedes en Audi’s…en hulle 4×4 vermoeens is niks beter as n Fortuner of Prado nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.