Vroualleen om Afrika

Jo Rust. Foto: Brian Cheyne

Ek het die mooiste uitdrukking gehoor. ʼn Ou Tswana het vir my gesê hulle het ʼn uitdrukking wat beteken: “Jou mond kan oor ʼn rivier praat.”

Dit beteken dat dit vir jou fisiek onmoontlik is om oor die rivier te kom, maar jou woorde steek die rivier sonder moeite oor. Met ander woorde, dit is een ding om te sê jy wil die skynbaar onmoontlike doen, as om dit wel te doen.

ʼn Paar jaar gelede het ek ʼn merkwaardige storie raakgelees van Jo Rust wat met ʼn trapfiets vertrek het om vroualleen om Afrika te ry. In Angola, nadat sy reeds 3 500 km afgelê het, is sy oorval deur vier mans wat haar fiets by haar afgeneem het.

Die voorval was vir die Angolese regering so ʼn groot verleentheid dat hulle aangebied het om Jo te help as sy weer so ʼn reis wou aanpak.

ʼn Jaar later het sy besluit om weer die reis aan te pak, maar dié keer op ʼn motorfiets. Sy moes egter eers leer motorfiets ry! Met Angola as haar hoofborg het sy in 2012 uit ʼn nat en koue Agulhas vertrek om die eerste vrou te word om alleen reg rondom Afrika te ry. Geen ondersteuning, geen voertuie wat saamry nie. Net sy en haar BMW F 650 GS Dakar genaamd Dax.

Jo het ʼn boek begin skryf oor haar reis, maar tussen al haar ander verpligtinge deur het dit tot nou geduur om dit die lig te laat sien. Dit handel nie net oor haar reis nie, maar ook oor haar persoonlike uitdagings, en natuurlik die mense in haar lewe wat haar ondersteun het om haar droom waar te maak.

Dit gaan daaroor om genoeg moed te hê om fisiek déúr die rivier te gaan, en nie net met jou mond óór dit te praat nie.

Dit is regtig ʼn merkwaardige storie.

Meer inligting by: www.jorustadventures.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerd Lourens ·

Pieter, lees weer. Die trippie het reeds in 2012 gebeur.

Brian Cheyne ·

pieter, sy was klaar om Afrika. Sy het nou ‘n boek geskryf oor haar ervaring, en dit is regtig ongelooflik om haar storie te lees.

Spark Plug ·

Sy kon my ook saamgevra het…ek sou die spark verskaf het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.