VW se nuwe Golf kom in 2020

Daar is min Suid-Afrikaanse gesinne wat nie ʼn Volkswagen-storie het nie. Vele studente het vorige jare met Vollas gery en groter gesinne het net die langpad aangedurf in ʼn Kombi.

Suid-Afrika sal die jongste weergawe van Volkswagen se Golf laat in 2020 kry. Dit is die agtste, en waarskynlik die finale Golf in sy huidige binnebrand-vorm. Die Golf het in 1974 sy buiging gemaak in Europa en Giorgetto Giugiaro se ontwerp was oombliklik ʼn reusesukses.

Die oliekrisis van daardie dekade het omvangryke en revolusionêre ontwikkeling meegebring. Voertuie was skielik baie kleiner. Slim verpakking het die ontwikkeling van voorwielaandrywing gebring en daarmee saam groot verbeterings in brandstofverbruik.

Die Golf 8. Foto: Verskaf

In die vyf dekades sedert 1974 was daar al sewe Golfies. Die volgende Golf, die VIII, is waarskynlik die laaste Golf soos ons hom ken met ʼn binnebrandenjin. Die Golf is oorsee beskikbaar in vyf verskillende hibridiese weergawes met ʼn matige hibridiese motor en inprop-hibried, sowel as die gewone versameling binnebrandenjins wat petrol en diesel insluit. Oorsee sal daar twee GTE-weergawes wees met verskillende kragsyfers. Die matige hibried kry nou die naam eTSI.

Die Golf 8. Foto: Verskaf

In Suid-Afrika gaan ons aanvanklik drie modelle sien. ʼn 110 kW 1.4 TSI DSG, 2.0 GTI DSG en 2.0 R DSG. Pryse en datums is nog nie bekend nie. Ons sien wel uit na die jongste tegnologie wat saam met die Golf VIII kom, soos ʼn “digital & innovision cockpit”, “IQ Drive” en “IQ Light”.

Dit is ʼn opwindende era vir Volkswagen. Die maatskappy het goed herstel ná die sogenaamde Dieselgate-skandaal en het die afgelope drie jaar bitter hard gewerk aan die toekoms. Hul nuwe logo is onlangs bekendgemaak en sal Volkswagen die toekoms inlei. Daardie toekoms sluit éérs elektries in, en dán binnebrand uit.

Ek is oortuig daarvan dat die markleier in dié segment net van krag tot krag sal gaan, ongeag hoe hy aangedryf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

B ·

Baie mooi! Dit lui bepaald ‘n nuwe era in tov tegnologie ens.

Vita ·

Dit is ongelooflik mooi en die beste, daar min voertuie wat by die Golf kom en die Golf 8 gaan die gaping nog net groter maak , kan nie wag vir die pragstuk nie

Vraagteken ·

Totdat jy die ratkas moet regmaak…. Dan is hy nie meer so wonderlik nie.

@Vraagteken ·

Jy klink slim, wat kos die regmaak dan van hierdie nuwe model se ratkas?

Wonder ook ·

Vraagteken… so watse motor ry jy dan wat nou jie c plastiek is nie? Of is jy n “Johny Walker?”

Wimma ·

Ek het in die vroeë 90s ‘n Volkswagen Fox gery. Die ding het pal oorverhit. Net daar besluit: nooit weer ‘n Volkswagen vir my nie!

Vita ·

Jy kan nie 1990 VW vergelyk met vandag se VW nie, ek ry al jare VW en nog noot probleme gehad nie, en ek koop nuwe voertue, koop nie ander man se probleme nie, VW Polo en Golf is die beste in hulle klas

Lizelda ·

Dankie @Vita love my VW terdee. En soos jy se jy kan nie 19 voetsek vergelyk met nou se tegnologie nie. Mooi bly mooi!

Vita ·

En as jy nie n nuwe VW kan koop nie ,koop by die VW handelaar n Mastercar , so goed soos nuut

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.