VW se laaste spesiale GTI binnekort in SA

Die Volkswagen Golf GTI TCR. Foto: Verskaf

Volkswagen het ʼn ryk geskiedenis met beperkte weergawe- GTI’s.

Die eerste was die Golf VI GTI Edition 35, toe die Clubsport en Clubsport S. Dis die eerste keer wat ons gesien het waartoe ʼn GTI regtig in staat is.

Golf 7.5 is op die einde van sy lewensiklus … en dis tyd vir die finale: die Volkswagen Golf GTI TCR. Suid-Afrika is die tiende grootste GTI-mark ter wêreld. Daar is al 40 128 Golf 7’s in Suid-Afrika verkoop – en 33% (13 230) is GTI’s. Dis indrukwekkend. ʼn GTI het al ʼn instelling geword in Suid-Afrika. Wat die GTI bied, vir die geld, het dit ʼn huishoudelike handelsmerk gemaak.

Die Volkswagen Golf GTI TCR. Foto: Verskaf

Die TCR draai wel die volume tot die maksimum. Die nuwe TCR maak gebruik van VW se puik 2.0 viersilinderturbo-petrolenjin wat 213 kW en 380 Nm bied. Krag word na die voorwiele gestoot deur ʼn 6-spoed DSG-dubbelkoppelaarratkas. 0 – 100 km/h neem ʼn ratse 5,6 sekondes, verstommend vir ʼn voorwielaangedrewe voertuig, en hy sal aanhou hardloop tot 264 km/h.

Daar kom slegs 300 TCR’s na Suid-Afrika. Hulle is in drie kleure, Pure White; Tornado Red en Pure Grey beskikbaar. Suid-Afrika se TCR’s is slegs in vierdeur-bakstyl beskikbaar, en met die DSG-ratkas.

Die Volkswagen Golf GTI TCR. Foto: Verskaf

Die TCR kry unieke visuele opknappings om hom van sy boeties te onderskei. Die TCR kry swart 19” Reifnitz-sierwiele, geperforeerde remskywe, matswart spieëltjies sowel as ʼn paar vinne en vlerke. Agter die stuur word die sportsitplekke met Alcantara-leer oorgetrek, en dan is daar die gewone magdom veiligheidstelsels en luukshede soos luimbeligting, navigasie, klimaatbeheer en so meer.

Ons sal wel ná die inperking ʼn beurt kry om met die GTI TCR te ry. Ek persoonlik sou teen die prys eerder ʼn Golf R vat met sy vierwielaandrywing, maar daar is baie wat die hantering van die voorwielaangedrewe GTI verkies. Die voordeel is dat beperkte weergawe GTI’s altyd puik presteer. Vir ʼn tyd ná bekendstelling verkoop van hulle ver bó hul aanvanklike koopprys.

Die GTI lyk só:

Volkswagen Golf GTI169 kW/ 350 Nm6,4 sek248 km/hR578 000
Volkswagen Golf GTI TCR213 kW/ 380 Nm5,6 sek

 

264 km/hR669 000
Volkswagen Golf R228 kW/ 400 Nm4,6 sek250 km/hR695 000

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 120 000 km waarborg en 5 jaar/ 90 000 km diensplan.

Kliek hier om jou eie TCR te laat  bou en te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Die Wolf ·

Wat kan ek nie alles doen met daardie geld nie. Beslis nie n voertuig nie. Kan dit in elk geval nie tot sy reg laat kom met ons spoedbeperking nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.