Warmer Macan en nuwe Cayenne-bakstyl nou beskikbaar

Die Cayenne S Coupé. Foto: Verskaf

Porsche het nou hul aanbieding in die nuwe koepee-sportnutsvoertuigsegment versterk met die bekendstelling van die nuwe Cayenne S Coupé.

Die nuwe ontwerp van die dak wat heelwat afspits na die agterent gee vir die Cayenne ʼn sportiewe voorkoms. Die agterste wielboë is effe breër op die koepeemodel wat ook bydra tot die sportiewe voorkoms.

Die Cayenne S Coupé. Foto: Verskaf

Die Cayenne S Coupé is beskikbaar met ʼn 2.9 V6‑turbopetrolenjin wat 324 kW en 550 Nm bied. Dit neem 5 sekondes om 0 – 100 km/h te haal met die Sport Chrono Package en kan verlaag na 4.9 sekondes met die drie opsionele gewigsbesparingspakette.

Daar is nou drie Cayenne Coupé‑modelle beskikbaar:

Cayenne Coupé250 kW/450 Nm9,3 ℓ/100 kmR1 303 000
Cayenne S Coupé324 kW/550 Nm9,2 ℓ/100 kmR1 433 000
Cayenne Turbo Coupé404 kW/770 Nm11,3 ℓ/100 kmR2 277 000

Die reeks word gedek deur Porsche se 2 jaar/onbeperkte km‑waarborg en 3 jaar/90 000 km omvattende instandhoudingsplan.

Die Porsche Macan. Foto: Verskaf

Die nuutste Porsche Macan is nou beskikbaar in ʼn turbo‑weergawe. Die turbo maak gebruik van Porsche se 2.9 V6‑tweelingturbopetrolenjin wat 324 kW en 550 Nm bied. ʼn Indrukwekkende 4.3 sekondes is al wat nodig is vir 0 – 100 km/h en hy sal aanhou draf tot 270 km/h.

Die Macan Turbo kan ook verstommend goed tot stilstand kom te danke aan Porsche se surface coated brake.

Die Porsche Macan. Foto: Verskaf

Dié remme, uniek aan Porsche, maak gebruik van ʼn wolframkarbiedlaag op die remskywe wat vinniger reageer, slytasie voorkom en 90% minder stof maak as konvensionele gietyster.

Die Macan Turbo is nou beskikbaar om te bestel.

Die reeks lyk só:

Macan185 kW/370 Nm8,9 ℓ/100 kmR862 000
Macan S260 kW/480 Nm9,6 ℓ/100 kmR1 100 000
Macan Turbo324 kW/550 Nm8,9 ℓ/100 kmR1 600 000

Die reeks word gedek deur Porsche se 2 jaar/onbeperkte km‑waarborg en 3 jaar/90 000 km omvattende instandhoudingsplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.