Porsche het nou hul aanbieding in die nuwe koepee-sportnutsvoertuigsegment versterk met die bekendstelling van die nuwe Cayenne S Coupé.
Die nuwe ontwerp van die dak wat heelwat afspits na die agterent gee vir die Cayenne ʼn sportiewe voorkoms. Die agterste wielboë is effe breër op die koepeemodel wat ook bydra tot die sportiewe voorkoms.
Die Cayenne S Coupé is beskikbaar met ʼn 2.9 V6‑turbopetrolenjin wat 324 kW en 550 Nm bied. Dit neem 5 sekondes om 0 – 100 km/h te haal met die Sport Chrono Package en kan verlaag na 4.9 sekondes met die drie opsionele gewigsbesparingspakette.
Daar is nou drie Cayenne Coupé‑modelle beskikbaar:
Cayenne Coupé | 250 kW/450 Nm | 9,3 ℓ/100 km | R1 303 000 |
Cayenne S Coupé | 324 kW/550 Nm | 9,2 ℓ/100 km | R1 433 000 |
Cayenne Turbo Coupé | 404 kW/770 Nm | 11,3 ℓ/100 km | R2 277 000 |
Die reeks word gedek deur Porsche se 2 jaar/onbeperkte km‑waarborg en 3 jaar/90 000 km omvattende instandhoudingsplan.
Die nuutste Porsche Macan is nou beskikbaar in ʼn turbo‑weergawe. Die turbo maak gebruik van Porsche se 2.9 V6‑tweelingturbopetrolenjin wat 324 kW en 550 Nm bied. ʼn Indrukwekkende 4.3 sekondes is al wat nodig is vir 0 – 100 km/h en hy sal aanhou draf tot 270 km/h.
Die Macan Turbo kan ook verstommend goed tot stilstand kom te danke aan Porsche se surface coated brake.
Dié remme, uniek aan Porsche, maak gebruik van ʼn wolframkarbiedlaag op die remskywe wat vinniger reageer, slytasie voorkom en 90% minder stof maak as konvensionele gietyster.
Die Macan Turbo is nou beskikbaar om te bestel.
Die reeks lyk só:
Macan | 185 kW/370 Nm | 8,9 ℓ/100 km | R862 000 |
Macan S | 260 kW/480 Nm | 9,6 ℓ/100 km | R1 100 000 |
Macan Turbo | 324 kW/550 Nm | 8,9 ℓ/100 km | R1 600 000 |
Die reeks word gedek deur Porsche se 2 jaar/onbeperkte km‑waarborg en 3 jaar/90 000 km omvattende instandhoudingsplan.