Wat is die beste begrotingsbuksie?

Datsun GO. (Foto: Verskaf)

Ek word gereeld gevra: Wat is die beste goedkoop karretjie? Daar is vyftien spotgoedkoop buksies in Suid-Afrika onder R200 000. Tot ʼn bakkie. Ek het net die eerste goedkoopste voertuig van elke fabrikaat gekies.

Watter sal ek aanbeveel, en waarvan jy liewer moet wegbly:

Mahindra KUV100 Nxt 1.2 G80 K2+61 kW/115 Nm5,9 ℓ/100 km2 lugsakke

ABS

EBD

3 jaar/100 000 km-voertuigwaarborg

5 jaar/150 000 km-dryfstelselwaarborg

Diensplan opsioneel

R142 999
Renault Kwid 1.0 Expression50 kW/91 Nm4,7 ℓ/100 km2 lugsakke

ABS

EBD

5 jaar/150 000 km-waarborg

Diensplan opsioneel

R144 900
BAIC D20 1.3 Comfort75 kW/128 Nm6,7 ℓ/100 km2 lugsakke

ABS

EBD

5 jaar/120 000 km-waarborg

Geen diensplan

R149 990
Hyundai Atos 1.1 Motion50 kW/99 Nm5,7 ℓ/100 km2 lugsakke

ABS

EBD

5 jaar/150 000 km-voertuigwaarborg

7 jaar/200 000 km-dryfstelselwaarborg

1 jaar/15 000 km-diensplan

R159 900
Datsun Go 1.2 Mid50 kW/104 Nm5,5 ℓ/100 km2 lugsakke

ABS

6 jaar/150 000 km-waarborg

Diensplan opsioneel

R162 300
GWM Steed 5 2.2MPi Workhorse73 kW/180 Nm9,9 ℓ/100 kmGeen veiligheidstelsels4 jaar/100 000 km-waarborg

Diensplan opsioneel

R164 900
Kia Picanto 1.0 Start49 kW/95 Nm5,0 ℓ/100 km2 lugsakke

ABS

EBD

5 jaar/onbeperkte km-waarborg

2 jaar/30 000 km-diensplan

R168 995
Toyota Aygo 1.053 kW/93 Nm4,3 ℓ/100 km4 lugsakke

ABS

EBD

3 jaar/100 000 km-waarborg

Geen diensplan

R178 400
Honda Amaze 1.2 Trend66 kW/110 Nm5,6 ℓ/100 km2 lugsakke

ABS

EBD

5 jaar/200 000 km-waarborg

2 jaar/30 000 km-diensplan

R179 900
Volkswagen uP! take uP! 5 deur 1.055 kW/95 Nm4,6 ℓ/100 km4 lugsakke

ABS

EBD

3 jaar/120 000 km-waarborg

Diensplan opsioneel

R180 900
Haval H1 1.569 kW/130 Nm7,2 ℓ/100 km2 lugsakke

ABS

EBD

5 jaar/100 000 km-waarborg

3 jaar/45 000 km-diensplan

R184 900
Peugeot 108 1.0 Active53 kW/94 Nm4,3 ℓ/100 km6 lugsakke

ABS

EBD

5 jaar/100 000 km-waarborg

5 jaar/100 000 km-diensplan

R184 900
Nissan Micra Active 1.2 Visia56 kW/104 Nm5,2 ℓ/100 km2 lugsakke

ABS

EBD

4 ster Euro NCAP-gradering

6 jaar/150 000 km-waarborg

5 jaar/90 000 km-diensplan

R187 000
Ford Figo 1.5 Ambiente88 kW/150 Nm5,7 ℓ/ 100 km2 lugsakke

ABS

3 ster Euro NCAP-gradering

4 jaar/120 000 km-waarborg

4 jaar/60 000 km-diensplan

R195 200

GWM steed 5. (Foto: Verskaf)

Indien ʼn mens na die vyftien mededingers kyk, is daar een wat soos ʼn seer toon uitstaan, en dis die GWM Steed. Indien ʼn mens ʼn werkesel nodig het, is dit waarskynlik dit grootste winskoop in die heelal, maar as jy dit wil gebruik as ʼn private voertuig, moet eerder nie – hy is swaar op brandstof en het absoluut geen veiligheidstelsels nie.

Die goedkoopste karretjie, die Suzuki Celerio, is ʼn puik karretjie wat bó sy gewig boks. Dit voel nie soos ʼn goedkoop ryding nie en sy enjintjie is ywerig. Hy is ook puik op brandstof.

Die Renault Kwid is nou ʼn mooier karretjie as voorheen,  maar hy is nie vreeslik stabiel op die snelweg nie. Die BAIC D20 is ʼn groter voertuig as die ander mededingers in dié prysklas, maar BAIC is heeltemal ongevestig in Suid-Afrika, ek sou nie nou al dié handelsmerk vertrou nie.

Hyundai Atos. (Foto: Verskaf)

Die Hyundai Atos is ʼn oulike opsie, én is ʼn Auto Trader Motor van die Jaar-finalis. Sy waarborg is indrukwekkend, maar sy diensplan stel teleur. Ek is nie die arme Datsun Go se grootste maatjie nie, en vir wat hy bied, begin hy duur raak. Die gebrek aan ʼn diensplan sou my elders laat soek.

Die Mahindra is ʼn oulike buksie, maar ongelukkig het ek nog nooit een gery nie. Hy het ook nie ʼn diensplan nie, so ek sou versigtig wees voor ek hom koop. Die Kia Picanto is die eerste karretjie in dié prysklas wat ek met gemak kan sê is regtig mooi. Sy waarborg en diensplan beïndruk en sy prys is baie goed. Beslis ʼn opsie om te oorweeg.

Die Toyota Aygo se gebrek aan ʼn diensplan bó R170 000 sluit hom weer vir my uit. Já, die vier lugsakke is ʼn groot pluspunt, maar die ander in sy prysklas het diensplanne. Honda se Amaze is die eerste sedan in dié vergelyking. ʼn Oulike pakket met billike spasie, goeie bougehalte, ʼn ywerige enjin én ʼn aantreklik prys.

Volkswagen uP! (Foto: Verskaf)

Volkswagen se uP! is beslis een van die lekkerder voertuie in dié vergelyking. Die Duitse bougehalte is onweerlegbaar, en sy enjin lekker. Die vier lugsakke is ʼn pluspunt, maar die opsionele diensplan ʼn nadeel.

Ek is erg skepties oor die Haval-handelsmerk. Hulle bied karre teen fantastiese pryse, maar ek kan nog nie kommentaar gee oor bougehalte nie. Ek weet wel dat die meeste van hulle modelle baie swaar is op brandstof. Die H1 bied wel ʼn sterk diensplan, én sy prys is nie te kwaai nie. Herverkoopwaarde lyk nie waffers nie. ʼn Mens kry verskeie H1’s wat een jaar oud is met 35 000 km op die internet vir R149 000. Die handelaar het hulle waarskynlik ingeruil vir omtrent R130 000. Dit is R55 000 se depresiasie in een jaar, óf 30% van die voertuig se waarde – baie gevaarlik.

Peugeot 108. (Foto: Verskaf)

Die Peugeot 108 is vir my ʼn uitskieter in dié vergelyking. Hy is waarskynlik die veiligste met ses lugsakke, én ʼn fantastiese diensplan en waarborg. Hy is ook goed toegerus – kyk beslis hierna. Die Nissan Micra Active is ʼn effe groter buksie met ʼn goeie enjin en sterk diensplan en waarborg. Hul handelaarnetwerk is ook wydverspreid en sterk; beslis ʼn opsie.

Die finale kar in dié vergelyking het waarskynlik die beste enjin tussen die hele lot. Hy is sterk, en nie té swaar op brandstof nie. Die Figo is beslis die duurste, maar is wel die een wat die meeste soos ʼn hoofstroom-kar voel en nie ʼn begrotingsbuksie nie. Sy diensplan en waarborg swaai ook die skaal in sy guns.

Indien ek uit hierdie klomp moes kies, sou ek die Celerio kies in die goedkoopste segment, die Picanto in die middel, die Peugeot 108 amper bo en beslis die Figo heel bo. Party mense sou aanbeveel dat mens eerder ʼn tweedehandse voertuig koop – ek stem beslis nie saam nie. ʼn Nuwe voertuig dra ʼn waarborg van die fabrikaat en indien daar enige herstelwerk is in dié tydperk is dit die vervaardiger se verantwoordelikheid. Met moderne voertuie is dit nie ongehoord dat herstelwerk soms honderde duisende rande kos nie.

Gaan toetsbestuur dié wat binne jou begroting pas en vergelyk die veiligheidsaspekte en diensplan. Geniet jou nuwe wiele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Spiekeries ·

Ek het gegaan vir die Atos en is tot nou baie beindruk. 17km/liter is nie te versmaai nie. Petroltenk is klein maar reikafstand dieselfde as voertuie met 55liter tenks.

koos10 ·

Moet asseblief nie die nuwe Renault Triber vergeet nie. Teen vanaf R160 tot R190k kry jy ‘n baie goed toegeruste 7 sitplek voertuig. Ja die enjin is klein, maar kopers van hierdie mark soek nie eerste die krag van ‘n voertuig op nie. En o ja, daar is ‘n diensplan ook. En nee, ek werk nie vir Renault nie, maar ken waarde vir geld as ek dit sien.

Wielspore ·

Dit is altyd lekker om ‘n nuwe voertuig te koop en vir party mense (soos ek) is dit nogal ‘n mylpaal en iets om op trots te wees. Goedkoop klein voertuie is ook ‘n relatiewe terme omdat elke verbruiker se behoeftes en logistieke verskil. ‘n Klein ligte voertuig wat elke dag op en af gery word binne die dorp om besigheid te doen hoef regtig nie oor 6 lugsakke te beskik en ‘n groot enjin te hê. As jy ‘n klein voertuig in die stad benodig sal ek die 6 lugsakke verkies en ‘n enjin met woema. Dan is daar nog grondpaaie en steil opdreandes, hier sal ‘n kruis voertuig beter wees.

Lekker ry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.