Weeldewa se enjin kom nie die mas op nie

Volvo XC90. Foto: Verskaf

Volvo het onlangs geringe opknappings aan sy fantastiese XC90-produk aangebring. Die enjin pla egter. Die opknappings is:

Die XC90 is Volvo se groot sportnutsvoertuig met sitplek vir sewe, gewoonlik – maar daar is nou ʼn opsionele sessitplek-weergawe. Die sessitplek-uitleg begin redelik gewild raak – die XC90 en BMW se X7 bied dit aan. Tensy die vyfde en sesde sitplek luuks is, sien ek nie die nut daarvan om die middelste sitplek in die tweede ry te verwyder nie. BMW se X7 kry dit beter reg omdat die twee sitplekke in die middelste ry dan luukser sitplekke met armleunings en so meer is.

Die Volvo se binneruim is puik. Dit is pragtig uitgelê met ongelooflike materiale. Die bougehalte is puik en Volvo se sitplekke van die bestes in die bedryf wat my betref. Die Bowers & Wilkens-klankstelsel in die Volvo XC90 is by ʼn redelike marge die topstandaard-klankstelsel in enige voertuig tans beskikbaar, selfs bó Lexus se Mark Levinson-stelsel.

Volvo XC90. Foto: Verskaf

Dit bring my by die appeltjie wat ek met Volvo wil skil. Die ontwerp is asemrowend mooi. Die binneruim puik. Die materiale fantasties. En dit word alles bederf deur Volvo se huidige enjins. Volvo het ʼn paar jaar gelede die besluit geneem om net 2.0-viersilinderturbo-enjins te gebruik, petrol of diesel.

Met dié is ʼn D4, D5, T4, T5 en T6 almal min of meer dieselfde enjin met verskillende blikbreine wat sê hoeveel krag en so meer. Dit bied twee probleme. Al is die uitstoot dalk laer in die nuwe reeks Drive-E-enjins – is hulle almal redelik swaar op brandstof. Die ander probleem is – ʼn viersilinderturbo-enjin het geen persoonlikheid nie. ʼn Luukse weeldewa van dié grootte wat R1 miljoen kos moet die opsie bevat vir ʼn sessilinderenjin. ʼn Sessilinder is net baie meer romerig en karaktervol.

Volvo XC90. Foto: Verskaf

Volvo verkoop genoeg groot sportnutse en luukse sedans wêreldwyd om dán eerder ʼn 2.0-sessilinder met ʼn klein kapasiteit te ontwikkel. Maar – Volvo se strategie lê nie by binnebrandenjins nie. Volvo sal van dié jaar, 2020, nie weer ʼn nuwe voertuig verkoop wat nie ʼn vorm van hibridiese krag het nie. So, intussen, terwyl ons wag vir ʼn elektriese XC90 met ʼn reikafstand van 500 km of meer, moet ons maar tevrede wees met ʼn growwe 2.0-viersilinder wat swaar is op brandstof. Ai.

Ek het verlede jaar ʼn T6 gebruik om plaas toe te ry. Dit is so by die 500 km soontoe en terug, oop pad. Met die spoedbeheer gestel op 130 km/h is die beste wat die Volvo kon bied 12 ℓ/100 km. BMW se X5 M50d wat 300 kW het, bied beter brandstofverbruik op dieselfde pad terwyl ek my woonwa sleep. Dis onaanvaarbaar.

 

Die reeks lyk só:

Volvo XC90 T5 AWD Momentum187 kW/350 Nm7.6 ℓ/100 kmR1 040 944
Volvo XC90 T5 AWD Inscription187 kW/350 Nm7.6 ℓ/100 kmR1 089 944
Volvo XC90 T5 AWD R-Design187 kW/350 Nm7.6 ℓ/100 kmR1 106 444
Volvo XC90 D5 AWD Inscription173 kW/480 Nm5.7 ℓ/100 kmR1 133 279
Volvo XC90 T6 AWD Inscription235 kW/400 Nm8.0 ℓ/100 kmR1 136 629
Volvo XC90 D5 AWD R-Design173 kW/480 Nm5.7 ℓ/100 kmR1 149 799
Volvo XC90 T6 AWD R-Design235 kW/400 Nm8.0 ℓ/100 kmR1 153 129
Volvo XC90 T8 Twin Engine AWD Inscription300 kW/640 Nm2.1 ℓ/100 kmR1 288 660
Volvo XC90 T8 Twin Engine AWD R-Design300 kW/640 Nm2.1 ℓ/100 kmR1 303 410

Volvo XC90. Foto: Verskaf

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/100 000 km-waarborg en 5 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan. Die brandstofverbruiksyfers is die vervaardiger se NEDC-laboratoriumsyfers wat geensins in die werklikheid behaal sal kan word nie. Ons gemiddeld met die D5 teen die tyd dat hy teruggegaan het, is 9.3 ℓ/100 km en ons het baie rustig met hom gery.

Die kompetisie lyk só:

Haval H9 2.0T 4WD Luxury180 kW/350 Nm10.9 ℓ/100 km5 jaar/100 000 km- waarborg

5 jaar/60 000 km- diensplan

R609 900
Toyota Land Cruiser Prado 3.0DT VX-L120 kW/400 Nm8.5 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km- waarborg

9-dienste-diensplan

R1 052 100
Audi Q7 45TDI Quattro183 kW/600 Nm6.3 ℓ/100 km1 jaar/onbeperkte km-waarborg

5 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R1 094 000
Land Rover Discovery SE Sd4177 kW/430 Nm6.5 ℓ/100 km5 jaar/100 000 km- waarborg

5 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R1 193 872
BMW X5 xDrive30d xLine195 kW/620 Nm7.0 ℓ/100 km2 jaar/onbeperkte km-waarborg

5 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R1 233 096
Mercedes-Benz GLE300d 4Matic180 kW/ 500 Nm6.4 ℓ/100 km2 jaar/onbeperkte km-waarborg

5 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R1 252 187

 

In dié segment is daar ʼn magdom rolspelers. Daar is iets vir elke geur. Die Haval is die enigste model hier wat die Volvo se brandstofverbruik sal klop met ʼn werklike syfer van in die 18 ℓ/100 km. So, wees versigtig – dit lyk dalk soos ʼn winskoop, maar nie by die pompe nie. In dié segment is die Prado vir my ʼn wenner vir ʼn eerlike 4×4 met sewe sitplekke … dan die X5. In terme van enjin is die X5 se M50d onweerlegbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leon ·

Die probleem is hulle pak al hoe meer luukshede in en neem hom van een ton na twee en ‘n half ton met al die gemors en dan will hulle ‘n klein enjin insit. Op de gelykte jaag hy soos die hel by jou verby en by die opdraande ry die 900 CC Renault Kwid vir hom weg. Ek sien dit daagliks met die duur Duitse en Bavariese motors ook. Nie gemaak vir Suid Afrika se odraandes nie.

Brendon Staniforth ·

Dagsê Manie,

Baie dankie vir jou kommentaar. Ja – dit is inderdaad die regte beweerde syfer van Volvo. Mens moet onthou dat daai syfer in ‘n laboratorium behaal word op die ou NEDC (New European Driving Cycle) toets. Daai tipe uitskieters hoort met die nuwer WLTP (Worldwide Harmonized Light Vehicle Test) geadresseer te word. Jy kan meer lees oor die toets hier: https://maroelamedia.co.za/tegnologie/motors/brandstofverbruik-ligloop-vir-valse-feite/

Groetnis
Brendon
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.