Dit krioel in die kuipe by Kyalami waar voorberei word vir dié naweek se finale been van die 2019 Intercontinental GT Challenge.
Ongeveer 30 spanne en 90 renjaers gaan dié Saterdag vir nege ure aaneenlopend om die gerestoureerde Kyalami Grand Prix‑renbaan in Johannesburg jaag.
Mercedes-AMG en Porsche gaan sake vir die algehele titel uitspook. Die aksie sal deurlopend op SuperSport 12 uitgesaai word en die jongste stand van sake sal op Intercontinental GT Challenge se webtuiste en Facebook‑blaaie beskikbaar wees, sowel as SRO se GT World YouTube-kanaal.
Lees Maroela Media se vorige berigte oor die Kyalami 9-uur-uithouren hier en hier.
Koop kaartjies en sien die rooster en inskrywings hier: https://www.intercontinentalgtchallenge.com/
Maroela Media het drie dubbelkaartjies (ter waarde van R2 500 per dubbelkaartjie) om weg te gee vir dié fantastiese geleentheid. Die kompetisie sluit om 11:00 op 20 November 2019.
Die kompetisie het gesluit.
Maroela media se inligting is altyd baie akkuraat