Wêreld se grootste trekkervervaardiger nou in SA

Mahindra, ʼn maatskappy wat sedert 2005 vir homself naam bou in Suid-Afrika, het sopas sy trekkers hier bekendgestel. In terme van eenhede is Mahindra die wêreld se grootste trekkervervaardiger. Mahindra het verskeie bakkies en voertuie wat al geruime tyd hier beskikbaar is en hulle begin ʼn getroue kliëntebasis opbou.

Mahindra het Suid-Afrika geïdentifiseer as sy snelweg na Afrika. Een van die grootste groeisegmente in die volgende dekades gaan trekkers en implemente in Afrika wees. Mahindra het vandeesmaand ʼn aanleg in Durban geopen wat Mahindra se Pik Up-bakkie vir die plaaslike mark sal monteer. Mahindra het TLB’s beskikbaar in Suid-Afrika onder die Mahindra EarthMaster-handelsnaam en industriële dieselkragopwekkers onder die Powerol-handelsmerk.

Om te verseker dat Mahindra trekkers aan die landbougemeenskap in Suid-Afrika kan bied en ook diens het Mahindra met die MB AfroAsia-groep hande gevat om toegang tot hul dienssentrums en handelaarsnetwerk te kry.

Daar is twee trekkerreekse – die 6000 en die 7500. Die 6000 bied 45 kW en die 7500 68 kW. Die 7500-reeks het ʼn swaardiens gietyster onderstel, is beskikbaar in twee- en vierwielaandrywing en bied ʼn 2-spoed PTO. Albei modelle het linkerhand gesinchroniseerde truratte. Die agterste asse het olieverkoelde skyfremme en swaardiensbinneplaneetreduksie-eenhede.

Mahindra en sy vennoot, Hisarlar, het implemente en werktuie vir elke stap in die oessiklus. Dié implemente word in Indië en Turkye vervaardig. Daar is swaar beitels, ploeë, êe, draaiploeë en kragêe, saai- en plantmasjiene, bemestingverspreiders en -toedieners, klepermaaiers en snippermasjiene, harke, vierkantige baalperse en kuilvoerbaalperse.

Mahindra wys al sy toerusting en implemente asook sy Sampo Rosenlew-oesdorsmasjien by Nampo dié week.

Die reeks lyk só:

 

ModelKragLigkapasiteitPTO r/minPTO kragPrys
6065 2WD45 kW2,6 ton54040 kWVanaf

R297 995

6065 4WD45 kW2,6 ton54040 kW
6075 2WD54 kW2,6 ton54040 kW
6075 4WD54 kW2,6 ton54040 kW
7580 2WD59 kW2,5 ton540/ 100048 kWVanaf

R432 995

7580 4WD59 kW2,5 ton540/ 100048 kW
7590 2WD68 kW2,5 ton540/ 100054 kW
7590 4WD68 kW2,5 ton540/ 100054 kW

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

trek a trek ·

daar gaan baie bestellings wees vanaf ons ‘nuwe’ boertjies net jammer hulle gaan nie betaal nie.

Blackies ·

Ek hoop hulle voer alle ondedele ook in saam met die trekkers. Het 3 maande gewag vir my Mahindra se bonnet en wag na 6 maande steeds vir my “side steps”.

Tinus ·

Duurder as John deere en Case se laer spesifikasie trekkers sal niks verkoop kry teen daai pryse

corne ·

Ai tog wat ons ondervind nee dankie.Beslis nie by roodepoort in krugerdorp nie.En dan duurder as n john deere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.