Wêreldmotor van die jaar-kategoriewenner kom wel na SA

Die Kia Telluride is as Wêreldmotor van die jaar aangewys maar is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie.

Die Wêreldmotor van die jaar word jaarliks aangewys nadat 86 motorjoernaliste van 24 lande hul stemme uitgebring het.

Daar is vyf kategorieë, naamlik die hoofprys van Wêreldmotor van die jaar en dan Wêreld-verrigtingsmotor van die jaar; Wêreld-motorontwerp van die jaar; Wêreld-weeldemotor van die jaar en Wêreld-stadsmotor van die jaar.

Die suksesvolste handelsmerk in dié kompetisie se geskiedenis is Audi met tien toekennings, BMW met agt, Mercedes-Benz en Porsche met sewe en dan Volkswagen en Jaguar met ses elk.

Vanjaar se wenners is:

Wêreldmotor van die jaarKia Telluride
Wêreld-verrigtingmotor van die jaarPorsche Taycan
Wêreld-motorontwerp van die jaarMazda 3
Wêreld-weeldemotor van die jaarPorsche Taycan
Wêreld-stadsmotor van die jaarKia Soul EV

Ongelukkig is die Kia Telluride en Soul EV nie vir Suid-Afrika bevestig nie, maar die Mazda 3 is reeds beskikbaar.

Die Porsche Taycan.

Die Porsche Taycan wat wel vir Suid-Afrika bevestig is, het in twee kategorieë met die louere weggestap. Die Wêreld-groenmotor van die jaar-kategorie het intussen weggeval – ek is oortuig dat die Porsche ook in die kategorieë sou wen en BMW dan sou ewenaar met agt toekennings.

Wat dit belangrik maak is die feit dat die Taycan eersdaags in Suid-Afrika bekendgestel sal word. Ondanks Covid-19 se effek motorbedryf en die wisselkoerse, het Porsche Suid-Afrika se woordvoerder en skakelbeampte, Christo Kruger, bevestig: “Ek kan sonder twyfel bevestig dat Suid-Afrika vanjaar die Taycan op die pad te sien sal kry.”

Die Porsche Taycan.

Wat die Porsche Taycan besonders maak, is die feit dat dit dieselfde tipe verrigting bied as ʼn Tesla sonder die onsekerheid oor skade wat aan die batterye aangerig kan word as ʼn mens lanseerbeheer gebruik, óf Tesla se Ludicrous Mode. Tesla beperk die aantal keer wat ʼn mens die lanseerbeheer kan gebruik deur middel van hul sagteware by te werk wat draadloos oor die internet opgedateer word.

Die Taycan reeks lyk só:

Taycan 4STaycan TurboTaycan Turbo S
Battery79.2 kWh93.4 kWh93.4 kWh
Krag320 kW460 kW460 kW
Lanseerbeheer krag390 kW500 kW560 kW
Lanseerbeheer wringkrag640 Nm850 Nm1 050 Nm
Topspoed250 km/h260 km/h260 km/h
0 – 100 km/h4 sek3.2 sek2.8 sek
0 – 200 km/h13.3 sek10.6 sek9.8 sek
Reikafstand333 – 407 km381 – 450 km388 – 412 km
Kragverbruik24.6 kWh/ 100 km26 kWh/ 100 km26.9 kWh/ 100 km

Die verrigtingsyfers is verstommend. Ek is ʼn voorstander van elektriese voertuie en dit wat hulle bied. Ek kan nie wag om tyd met die Taycan deur te bring nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris ·

Die Porsche is beslis indrukwekkend. Die probleem is egter dit agv prys nie vir almal beskore sal wees nie. Ek is gaande oor die werverrigting en al die ander voordele van elektriese motors. Selfs die Tesla is ‘n goeie koop. Ek sien Volkswagen is ook al vêr met die idee gevorder. Hoe gouer die elektriese motor die petrol motor vervang hoe beter. Dan is ons nie meer van die olie magnate en die Amerikaners afhanklik nie.

Stof ·

Enige idee hoe ons verby die verbod op elektriese voertuie op deurpaaie gaan kom. Daar is reeds hibriede wat die kans vat wel daar te ry, waarskynlik met die hoop dat die voertuig nie in elektriese modus is wanneer Abel Konstabel kom groet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.