Wiele2Wiele bekyk ʼn ikoniese motor, Mahindra en Honda

Porsche 911 Targa 4S Heritage Design Edition. (Foto: Verskaf.)

Wat kry jy as jy ʼn ikoniese motor se tydlose styl kombineer met ultramoderne tegnologie en ontwerp? Nog ʼn ikoon natuurlik, soos met die Porsche 911 Targa 4S Heritage Design Edition.

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

In vandeesweek se aflewering het hulle nie net ʼn ikoon bekyk nie, maar gesels oor die Mahindra Pik-up-bakkie wat jou aangenaam sal verras, asook die Honda Amaze, ʼn oulike sedanmotor vir onder R200 000. Hulle deel ook interessanthede oor versnellers en dan vertel die Kritzingers vir luisteraars hulle eerste #2Wiele-storie.

  • Kom luister saam na die jongste aflewering van die Wiele2Wiele-podsending boaan hierdie berig.

Wat kry as jy ikone se tydlose styl kombineer met ultramoderne tegnologie en ontwerp? Nog ‘n ikoon! Jy sal aangenaam verras wees oor hierdie bakkie en dan ry ons ook met ‘n sedan vir onder R200k. Ons deel interessanthede oor versnellers en dan vertel Jeanette en Carl vir jou hulle eerste #2wiele storie. What do you get if you combine timeless style features of icons with ultra-modern technology and design? Another icon!You will be pleasantly surprised with this bakkie and then we drive a sedan for under R 200k. We share some interesting facts about accelerators and then Jeanette and Carl share their first #2wheels story.Porsche Porsche South Africa #PorscheTarga4S #Targa4S #911Targa4SHeritageDesignEdition #PorscheHeritageDesignEditionMahindra South Africa #MahindraPikUp #PikUpHonda SA #HondaAmaze????#PorscheNewsroom #MahindraSA #HondaSA #Speedometer – Videvo.net – Free Stock Footage Author Beachfront www.beachfrontbroll.comMaroela Media Radio Tygerberg 104FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Helderberg Lichvaal Stereo 92.6 GROOTfm 90.5 Ekurhuleni FM CFM Overberg 89.3 Radio Gamkaland 87.6 FM RADIO NFM 98.1 Radio Kragbron Amptelik 99.3FM Kosmos Stereo Kanaal 7 Radio Namakwaland 93.4fm Impala Internet Radio Waterberg Stereo 104.9 FM Medfm JouRadio Coastal Radio SA Passion FM SA Bok Radio / BokTv #ElanGlobalRadio #PrivateGroup #StereoSonderGrense #PublicGroup #RadioSuidAfrika #PublicGroup

Posted by Wiele2Wiele on Tuesday, 9 June 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae