Wiele2wiele: Groot motorsportname in Lichtenburg se veldwedren

Die nuwe Mitsubishi Triton. Foto: Verskaf

Klein beteken nie noodwendig “miniatuur” nie en futuristies is nie altyd lank en slap nie. En tussen die tweewiel-hardebaarde is daar ook vroue. Boonop is ʼn plaaslike dorpie op hol oor ʼn rits wêreldbekende mededingers.

Hierdie week gesels die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger in Wiele2Wiele oor Jaguar se klein E-pace-sportnutvoertuig en die Mitsubishi Triton- bakkie.

Daar word ook gekyk na die Suid-Afrikaanse BMW GS-trofee en groot geeste in die motorsportwêreld, Fernando Alonso en Marc Coma, het die afgelope naweek vir Toyota Gazoo Racing deelgeneem aan die nasionale Lichtenburg 400 veldren.

Nicol Louw, die tegniese redakteur van die tydskrif CAR, is ook weer terug en deel soos altyd sy kundigheid oor alles wat motors betref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris Ws ·

“Fernando Alonso en Marc Coma het die afgelope naweek vir Gazoo Racing deelgenaam aan die nasionale Lichtenburg 400 veldren”. En nuusdekking op TV en hierin was daar NIKS van nie.Pateties om die minste te se!Al wat tel is rugby.Gelukkig het ek laaaankal my DSTV paket verlaag na een waar daar GEEN rugby op vertoon word nie.Gelukkig in veldrenne is dit steeds jou vernuf en NIE jou vel kleur wat jou ‘n kans laat kry om deel te neem nie.Dis myns insiens ‘n baie aanskouliker sportsoort ook.

Jos ·

Puik gesê Chris, dis ‘n skande dat so internasionale sport met daai klas van deelnemers geen tv dekking geniet nie. En jammer vir Fernando hulle wat die voertuig gerol het. Maar ja, smartiebox rugby en sokker geniet voorkeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.