Wielie2Wiele vat die pad met Audi se nuwe Q7

(Foto: Dnaphotographers.com)

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

Hierdie week skyn Wiele2Wiele die kollig op Audi se nuwe Q7, gaan ry met Nissan se spesiale Qashqai Midnight Edition en deel Nissan se nuus oor hulle nuwe Navara-bakkie. Hulle gee ook raad oor dinamometers en vertel jou wie is ons Suider-Afrika-deelnemers aan die 2021-Dakar-ren.

Middernag raak mooi met hierdie Qashqai-model en bakkie-geesdriftiges moet beslis hulle ore spits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.