ʼn Radikale plan vir tydsones

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Verskillende tydsones veroorsaak verwarring vir reisigers, finansiële markte en selfs regerings wêreldwyd.

Daar is tans 40 verskillende plaaslike tye wat wêreldwyd in gebruik is – en sommige het selfs raaiselagtig slegs 45 minute tydsverskil, soos lande probeer om hul horlosies met dagligure te sinchroniseer.

Twee wetenskaplikes stel egter voor dat alle tydsones verwyder moet word en dat alle lande wêreldwyd vanaf Maandag, 1 Januarie 2018 dieselfde tyd moet deel.

Prof. Steve Hanke, ʼn ekonoom, en prof. Richard Henry, ʼn astronoom, van Johns Hopkins University in Baltimore, Maryland, het in 2004 voorgestel dat die aantal dae in ʼn jaar verminder moet word na 364 en ʼn “skrikkelweek” elke vyf of ses jaar ingestel moet word.

Nou beweer hulle dat hulle ook ʼn oplossing het om die chaos te verhoed wat deur verskillende tydsones veroorsaak word.

Volgens dié “universele tyd” sal alle horlosies volgens Greenwichtyd ingestel word.

ʼn Enkele tydsone sal egter ʼn dramaties verskuiwing in die konsep van ʼn werksdag in talle dele van die wêreld noodsaak. In New York, byvoorbeeld, sal ʼn werksdag nie meer 09:00 – 17:00 wees nie, maar eerder 14:00 – 22:00.

“Middernag” sal gevolglik ook in meeste dele van die wêreld nie meer die begin van ʼn nuwe dag aankondig nie.

Hanke en Henry het in ʼn onderhoud met die Washington Post gesê die internet het ruimte en tyd heeltemal uitgewis en die weg begin baan vir ʼn wêreldwye tyd. “Plaaslike sontyd is gebruik toe alle aktiwiteit plaaslik was. Meeste aktiwiteit vind deesdae wêreldwyd plaas, en daarom word een tydsone vereis. Jy sal vinnig gewoond raak daaraan om die nuwe tyd op jou horlosie te lees.”

Hanke en Henry antwoord ook ‘n paar vrae op hul webwerf

Lees meer: Washington Post, Independent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

KLEIN ·

EISH . nou sal daar weer gekyk moet word na univerieele tyd vir maanstande tyd van sons/maan opkoms radio /tv programme vlug roosters ens. Dit gaan groot verwarring veroorsaak

M A ·

Agge nee, hulle kan dan nog nie eers die VSA sover kry om die metrieke stelsel te gebruik nie (en die hele wêreld behalwe hulle gebruik dit). Die VSA sal seker aandring dat die tyd gestel word om by hulle huidige tyd te pas. Indien nie, sal hulle weier om aan die nuwe tydstelsel te voldoen. Ek stem saam dat die tydsones maar hersien kan word en effens aangepas word maar ‘n algehele wegdoen daarvan gaan nooit werk nie.

DD ·

Hulle is seker mal. Dink hulle nou vir een oomblik ek gaan 22.00 in my kar klim in die middestad en vrou alleen huis toe ry. Ons kies ons werk om by ons situasie aan te pas. As ek in die middel van die nag wou werk, het ek iewers skofte gewerk en meer geld gemaak. Maar ek wil dit nie doen nie, daarom is ek tevrede met my 8 tot 4 salaris.

Leentjie ·

DD, jy verstaan verkeerd. Die 14:00-22:00 gaan in die daglig wees. Dit gaan ‘n normale werksdag wees wanneer die son opkom. Die tyd op hul horlosie sal net 14:00-22:00 wys. Hulle 22:00 sal dieselfde wees as jou 17:00 byvoorbeeld

Gideon ·

DD, bly jy in New York? As dis tydsones verdwyn en almal is op Greenwich tyd, sal die horlosie 22h00 lees op die tyd waar dit tans 17h00 lees, in New York. Die son sal skyn en die voeltjies sal sing…om 22h00 in New York.

Louis C. Prinsloo ·

Ja regerings sal eers veiligheid in land moet kan verseker indien hulle sulke tye inbring op gebiede wat kriminele aktiwiteite bevat. Ek het al hele paar oplossings bedink wat veiliger land kan verseker

Paul ·

Daar is geen verskil tussen om te moet kyk hoeveel ure “voor” of “agter” ‘n sekere plek is voordat jy internetvergaderings reël of ‘n telefoonoproep maak, en om te moet kyk watter tye ‘n sekere plek se werksdag is voordat jy dieselfde kan doen nie.

Die “oplossing” is geen oplossing nie – presies dieselfde probleem as voorheen sal steeds bestaan, omdat die son nie gelyktydig oral op die aarde skyn nie.

Gideon ·

Paul jy is nie heeltemal reg nie. Op die oomblik moet jy erg uitwerk as iemand in Indonesie jou vra om hom om 15h00 te bel. MAAR as jou en sy horlosies presies op dieselfde (Greenwich) tyd gestel is, is 15h00 mos nou op dieselfde oomblik vir enigiemand enige plek op die aardbol. Ja dis dalk donker daarr terwyl die son hier skyn, maar dis steeds 15h00 vir ALMAL – geen uitwerkery nie! Sien jy nou? Ek dink dis n slim idee!

Hendrik ·

Hierdie tydsverandering kan as rassisties verklaar word in S.A. Dit is baie diskriminerend en kan lei tot verskriklike onluste en korrupsie om dit te impliminteer….

Francois ·

Dit sal beteken dat ons tyd (horlosie) met twee ure sal aanskuif, as hul die tyd wil stel volgens die universele tyd. Ek moet klaar maak is 4 uur en gaan huis toe.

Anny ·

Nogal gewonder oor april fool maar met die webwerf wat gegee word om verder te lees is dit seker korrek. Die probleem is nie watter tyd jou horlosie sê nie. As ek bv wil sake doen met mnr X in Australië om 2nm hier by my is dit by hom al nag en slaap hy, al sê sy horlosie ook 2nm. Eintlik is dit al 10uur die aand soos ons tyd vandag is want hulle bly mos 8ure voor ons tov die sonsopkoms of is ek nou deurmekaar

Christo ·

Is dit moontlik die begin van ‘n nuwe wereld orde. Een horlosie tyd, een leier, een (af)god. Vr maar net. Of April grap.!

Deon ·

Die stelsel kàn werk, maar ek twyfel of ander lande se trots en egos hulle gaan toelaat om voor die Britse “GMT” te buig.
Jare gelede het Swatch begin met ‘n universele stelsel, gebasseer in Switserland -sien http://www.timeanddate.com.
Die bevolking in Afrika het ‘n onvermoë om aan enige tydsbeginsels te voldoen – “manyana” is eerder aan die orde van die dag.
Hoe gaan ons Ministers by ENIGE tydstandaard hou? Hulle hou “meetings where minutes are kept and hours are lost”!

Louis Prinsloo ·

Ek het gepost met my siening en voorstelle van saak op fb , gaan lees gerus

Eugene ·

Ek Boer maar Vlieg klein Vliegtuig en dit was eerste ding waaraan jy moet aangewoont raak Zulu Time soo ,,,,,,dan vlieg almal reg oor die wereld op een Horlosie geen verwarring HAKUNA MATATA
STEL DIT IN iiiiiiiiiii

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.