Nasa herontwerp die wiel

Foto: Nasa

Die skade wat Nasa se robottuig, Curiosity, weens sy gewig op Mars se growwe terrein ly, het dié instansie se Glen-navorsingslaboratorium nou genoop om nuwe oplossings te soek en as’t ware die wiel te herontwerp.

Curiosity se doel op Mars is om uit te vind hoe die eens nat, bewoonbare gebiede verander het na die droë, stowwerige oppervlak waarmee Mars verbind word. Die tuig baan ook die weg vir die bemande sending na Mars in 2030.

Hoewel die navorsing vir ʼn nuwe wiel nog nie voltooi is nie, lyk ’n ontwerp van ’n draadsamestelling bestaande uit ’n baie sterk allooi belowend.

NASA se Curiosity neem ‘n selfie op die toneel waar hy in ‘n klip genaamd “Buckskin” geboor het op Mount Sharp. Foto: NASA

Die allooi, bestaande hoofsaaklik uit nikkel en titaan, beskik boonop oor ’n geheue wat dit, sou dit gebuig word, na sy oorspronklike posisie laat terugkeer. Selfs al word die band tot op die as gebuig, keer dit na sy oorspronklike posisie terug.

Die wetenskaplikes hoop dat dié ontwerp in die toekoms vir selfs swaarder tuie as Curiosity op Mars en ander planete, en selfs bemande tuie, gebruik kan word.

In Julie verlede jaar het Curiosity na veilige modus oorgeskakel en feitlik alle funksies gestaak nadat die aanboordrekenaar ʼn tegniese probleem opgedoen het. Die tuig het ook nie met die aarde gekommunikeer nie. Die program wat foto’s wat geneem is na die rekenaar se hoofraam moes oordra, se programmatuur het vermoedelik die beelde as indringers gelees. Tegnici het ʼn alternatiewe roete vir die oplaai van die foto’s geskep.

Nasa het dié tuig se projek met twee jaar verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Veritas ·

Ek sukkel om te verstaan hoekom iemand in die Sahara wil bly. Nou wil hulle mense Mars toe stuur. Kaapstad is baie nader en net so droog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.